Die Fladderpapiertjie (Leptosia alcesta Stoll.) is 'n vlinder wat in Suid-Afrika voorkom.

Dis 'n spesie van die tropiese Afrika wat voorkom van die westelike bosse oor Sentraal- na Oos-Afrika en vandaar suidelik tot die warmer noordoostelike dele van Suider-Afrika. 'n Ondersoort kom op Madagaskar voor. Mannetjies en wyfies is eenders. Bokant: die grondkleur is wit. Die voorvlerk het 'n swart band aan die punt en 'n swart kol. Onderkant: die kol op die voorvlerk is opvallend.

'n Enkel eier word gelê op 'n jong eindblaar van die gasheerplant, wat aan die genus Capparis (kapperbos) uit die Capparidaceae behoort.

Verwysings

Kategorie:Skoenlappers