Die vuurhoutjiepopulier (Populus deltoides) is 'n boom wat deel is van die Salicaceae familie. Die plant is endemies aan Amerika, Kanada en Meksiko.
Hierdie spesie se hout word gebruik om vuurhoutjies van te vervaardig, wat sy naam verklaar. Die boom is nie inheems aan Suid-Afrika nie maar die subspesie P. d. deltoides is ingevoer vanweë sy hout, en is nou langs die water in alle provinsies ingeburger.
Subspesies Die spesie het drie subspesies: Populus deltoides subsp. deltoides Populus deltoides subsp. monilifera (Aiton) Eckenw. Populus deltoides subsp. wislizeni (S.Watson) Eckenw.
Verwysings
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Populus Kategorie:Flora van Amerika Kategorie:Flora van Kanada Kategorie:Flora van Meksiko