Adichan Sjadrin (Russies: Адихан Шадрин, 1929 – 2011) was 'n Sowjetse en Russiese skrywer van Tartaarse oorsprong wat fiksieboeke oor die lewe in Astrachan-oblast se dorpies gesrkyf het.
Biografie Sjadrin is gebore in 'n Tartaarse familie in die dorpie Jandowisjtsje in Mordowië, destyds deel van Rusland se Penza-oblast. Toe hy 'n paar maande oud was, is sy vader gevange geneem weens 'n gefabriseerde saak. Sjadrin se moeder het met haar kinders, insluitend Adichan, na Astrachan verhuis. Hy het die grootste deel van sy kinderjare in die vissersdorpie Nowokrasnoje in Wolodarski-rajon, Astrachan-oblast deurgebring.
Tydens sy universiteitsjare aan die Astrachanse Pedagogiese Instituut het Sjadrin kortverhale oor sy tuisdorpie se inwoners begin skryf vir die gebied se hoofkoerant Wolga, waarby 'n ander plaaslike skrywer, Joeri Selenski, destyds gewerk het.
Boeke Die eerste jag, 1955 Tolja en Kolja, 1958 Wowka die matroos, 1964 Die reuk van teer, 1968 Spore op die water, 1970 Lizaweta, 1976
Verwysings
Kategorie:Russiese skrywers Kategorie:Geboortes in 1929 Kategorie:Sterftes in 2011 Kategorie:Mense van Astrachan