Die Japannese weergawe van Wikipedia (ウィキペディア) is op 20 Mei 2001 geskep. Op 31 Augustus 2010 bevat dit reeds 700 000 artikels.

Die wikipedia het tans artikels, wat dit die grootste uitgawe van Wikipedia maak, na die Engelse, Sweedse, Duitse, Franse, Italiaanse, Poolse en ander Wikipedias.

Geskiedenis Die Japannese Wikipedia word in Mei 2001 saam met 12 nie-Engelse Wikipedias opgerig. Die URL van die webwerf was daai tyd http://nihongo.wikipedia.com. Aangesien die MediaWiki-sagteware destyds nog nie met Japannese tekens kon werk nie, is die eerste bladsye in 'n Latynse alfabet genaamd Rōmaji geskryf.

Die eerste artikel heet Nihongo No Funimekusu en was volledig in Rōmaji geskryf. Tot einde Desember 2001 het die Wikipedia slegs twee artikels gehad.

Verplaasliking Op 1 September 2002 word die sagteware opgegradeer na die sogenaamde "Fase III"-weergawe en die artikels word vanaf die ou na die nuwe weergawe oorgedra. Ná die opgradering is dit steeds moontlik om vroeër wysigings aan artikels te sien. Sommige artikels is deur mense geskryf wat nie Japannees as moedertaal praat nie. Belangrike onderwerpe soos Japannese kultuur, Japannese taal, geografie en rekenaarprogrammering is voorbeelde hiervan.

In dieselfde maand word begin om die koppelvlak na Japannees te vertaal. Teen die einde van die jaar was die wysigingsproses en die GNU-lisensie vir vrye dokumentasie vertaal.

Uitbreiding Op 31 Januarie 2003 plaas 'n Japannese aanlyntydskrif, Wired News Japanese edition, 'n artikel oor Wikipedia op hulle voorblad. Ná die gebeurtenis neem die aantal gebruikers dramaties toe en heelwat artikels word vertaal of nuut geskep.

Voorbeeld 'n Voorbeeld van 'n Japanneestalige artikel oor Afrikaans: アフリカーンス語.

Verwysings

Eksterne skakels

Die tuisblad van die Japannese Wikipedia 統計 ウィキペディア日本語版 – statistieke vir die Japannese Wikipedia

Wikipedia Kategorie:Wikipedias volgens taal