duimnael|Vergelyking met ander Wikipedia-weergawes duimnael|Oorsprong van die artikels duimnael|Lande waar die Engelse Wikipedia die belangrikste weergawe is. duimnael|Top 25 lande volgens oorsprong van die gebruikers.
Die Engelse weergawe van Wikipedia was die eerste uitgawe van hierdie aanlynensiklopedie en is op 15 Januarie 2001 begin. :en:Wikipedia Engelse artikel oor Wikipedia Na omtrent vyf jaar is die miljoenste artikel in Maart 2006 geskep. Hiermee laat hulle die ander Wikipedias, soos die Duitse, Franse en die Nederlandse Wikipedias, ver agter. :en:English Wikipedia :en:Special:PermanentLink/58515322 Slegs een-en-'n-halfjaar later, op 9 September 2007 bereik die Engelstalige Wikipedia reeds hulle tweemiljoenste artikel, op 17 Augustus 2009 hulle driemiljoenste artikel, op 13 Julie 2012 hulle viermiljoenste artikel, op 1 November 2015 hulle vyfmiljoenste artikel en op 23 Januarie 2020 hulle sesmiljoenste artikel.
Die Simple English Wikipedia (simplewiki) is 'n variasie waarin die meeste artikels slegs van basiese Engelse woordeskat gebruik maak. Daar is ook die Ou-Engelse (Ænglisc/Angelsaksiese) Wikipedia (angwiki), sowel as 'n toets of "broeikas"-weergawe vir die Middel-Engelse Wikipedia (emmwiki).
Watter dialek van Engels? Een van die twispunte op die Engelse Wikipedia is oor watter variëteit van Engels voorkeur moet geniet. Die mees voor-die-handliggende kandidate is Amerikaanse Engels, Britse Engels en Internasionale Engels. Daar word besluit dat die dialek wat by die artikel sal pas voorkeur moet geniet. So sal Kanadese artikels in Kanadese Engels geskryf word, en sal Internasionale Engels meer geskik wees vir algemene artikels. Ongeag van die tipe Engels, moet die hele artikel konsekwent in dieselfde styl geskryf word. :en:English Wikipedia#National stylistic conventions :en:Special:PermanentLink/58515322 uit die Engelstalige Wikipedia.
Vergelyking met ander ensiklopedieë In 2005 het die wetenskaplike tydskrif Nature 'n vergelykende studie gedoen om die kwaliteit van die Engelstalige Wikipedia teenoor die Encyclopædia Britannica te bepaal. Uit die ondersoek het dit geblyk dat wetenskaplike artikels in Wikipedia en Britannica gemiddeld vier groot foute bevat, 162 klein foutjies is in Wikipedia gevind, maar slegs 123 is in die Britannica gevind. Wikipedia survives research test, BBC News, BBC, 15 Desember 2005
Tydslyn Aantal artikels: Datum Aantal artikels 15 Januarie 2001 amptelike oprigting 21 Januarie 2003 100 000 2 Februarie 2004 200 000 20 April 2004 250 000 7 Julie 2004 300 000 20 November 2004 400 000 17 Maart 2005 500 000 18 Junie 2005 600 000 25 Augustus 2005 700 000 29 September 2005 750 000 1 November 2005 800 000 4 Januarie 2006 900 000 1 Maart 2006 1 000 000 9 September 2007 2 000 000 17 Augustus 2009 3 000 000 13 Julie 2012 4 000 000 1 November 2015 5 000 000 23 Januarie 2020 6 000 000
Aantal artikels op hierdie oomblik Aantal artikels soos op .
Voorbeeldartikel 'n Voorbeeld van 'n Engelstalige artikel: Afrikaans.
Sien ook Eenvoudige Engelse Wikipedia
Verwysings
Eksterne skakels
Die Engelse Wikipedia se tuisblad Wikipedia Nostalgia – webwerf met die Engelse Wikipedia soos in 2001 Statistics English Wikipedia – statistieke vir die Engelse Wikipedia Feite or die Engelse Wikipedia op Meta
Wikipedia Kategorie:Wikipedias volgens taal