Rotterdam is 'n groot Nederlandse hawestad en die tweede grootste stad van Nederland. Rotterdam maak deel uit van die Randstadgebied en is in Zuid-Holland aan die Nieuwe Maas geleë, wat 'n tak van die Maas in die Ryn-Maas-delta is. Die Maasstad het ontstaan op dié rivier se noordelike oewer, maar het sedert ongeveer 1900 ook uitgebrei op die suidelike oewer, wat op die eiland IJsselmonde geleë is.

Die hawe van Rotterdam is een van die grootste en belangrikste hawens ter wêreld, en die grootste in Europa.

Met ongeveer 674 000 inwoners (2026) is Rotterdam die tweede grootste stad (naas Amsterdam) in Nederland.

Rotterdam het sy naam te danke aan 'n dam in die Rotterivier. Die stad is geleë aan die Nieuwe Maas, een van die riviere in die delta wat deur die Ryn en die Maas gevorm word. Die hawe van Rotterdam was lank die grootste ter wêreld en is steeds die grootste en belangrikste in Europa. Die hawegebied strek oor 'n lengte van 40 kilometer en is 'n belangrike logistieke en ekonomiese sentrum. Deels vanweë die hawebedryf het Rotterdam die beeld van 'n werkersklasstad en die stad het 'n diverse bevolking.

Nadat die historiese middestad op 14 Mei 1940 grootliks deur 'n Duitse oorlogsbomaanval vernietig is, het Rotterdam 'n bakermat geword vir innoverende argitektuur, insluitend die Erasmusbrug, die kubushuise en 'n groot aantal wolkekrabbers. Die stad is ook bekend vir die Erasmus Universiteit, die kunsversamelings van Museum Boijmans Van Beuningen en die Sparta, Excelsior en Feyenoord sokkerklubs.

Plekke Stad: Rotterdam

Dorpies: Heijplaat Hoek van Holland Hoogvliet (amptelik woonplek) (Oud-)IJsselmonde Pernis Rozenburg

Gehuggies: Charlois Zuidrand (grootliks) 's-Gravenland Groeneweg Hordijk Kandelaar Terbregge (De) Zweth (grootliks)

Nywerheidsterreine (amptelik woonplekke): Botlek Europoort Maasvlakte Vondelingenplaat

Gebiede thumb|Rotterdam regter-Maasoewer (die ou Rotterdam) thumb|Rotterdam linker-Maasoewer (dikwels Rotterdam-Suid genoem, die nuwe Rotterdam) thumb|Hoek van Holland thumb|Rozenburg

Die munisipaliteit bestaan uit veertien bestuursgebiede:Kaart van Rotterdam se gebiede, OpenStreetMap

Gebied Inwoners <br/ > (2025) Gebieden in Rotterdam (2025), AlleCijfers Deel Centrum 42 000 Regter-Maasoewer Charlois 71 000 Linker-Maasoewer/Suid Delfshaven ¹ 77 000 Regter-Maasoewer Feijenoord 81 000 Linker-Maasoewer/Suid Hillegersberg-Schiebroek 45 000 Regter-Maasoewer Hoek van Holland 11 000 nie ingedeel nie Hoogvliet 36 000 Linker-Maasoewer IJsselmonde 63 000 Linker-Maasoewer/Suid Kralingen-Crooswijk 56 000 Regter-Maasoewer Noord 52 000 Regter-Maasoewer Overschie ² 21 000 Regter-Maasoewer Pernis 5 000 Linker-Maasoewer Prins Alexander 98 000 Regter-Maasoewer Rozenburg ³ 13 000 nie ingedeel nie Totaal 673 000 Totaal 392 000 Regter-Maasoewer Totaal 256 000 Linker-Maasoewer/(Suid) Totaal 24 000 nie ingedeel nie

¹ Insluitend Nieuw Mathenesse

² Insluitend Spaanse Polder

³ Rozenburg is op 18 Maart 2010 by Rotterdam ingelyf.

Munisipale raad Verkiesings sedert 2002:Zetelverdeling gemeenteraden 1946-nu Zuid-Holland, nlverkiezingen.com

Party Setels 2002 2006 2010 2014 2018 2022 2026 GL-PvdA 11 GL 3 2 3 2 5 5 PvdA 11 18 14 8 5 4 Leefbaar Rotterdam (LR) 17 14 14 14 11 10 11 D66 2 1 4 6 5 5 5 VVD 4 3 4 3 5 6 5 DENK 4 4 4 FVD 1 2 CDA 5 3 3 3 2 1 1 PvdD 1 1 2 1 Volt 2 1 50+ 1 1 1 SP 1 3 2 5 2 1 1 CU 1 1 BIJ1 2 1 NIDA Rotterdam 2 2 PVV 1 SGP–CU 1 1 1 1 1 Stadspartij Rotterdam 1 Totaal 45 45 45 45 45 45 45

Burgemeesters Burgemeesters sedert 1945:

Jare Burgemeester Party Toeligting 1945 - 1952 Pieter Oud VDB, PvdA, VVD ook burgemeester van 1938 tot 1941 1952 - 1965 Gerard van Walsum PvdA van 1946 tot 1947 adjunk-burgemeester van Rotterdam 1965 - 1974 Wim Thomassen PvdA 1974 - 1981 André van der Louw PvdA 1982 - 1998 Bram Peper PvdA 1999 - 2008 Ivo Opstelten VVD 2009 - 2024 Ahmed Aboutaleb PvdA eerste burgemeester van Rotterdam van buitelandse afkoms 2024 - Carola Schouten CU eerste vroulike burgemeester van Rotterdam

Ekonomie en vervoer

Ekonomiese struktuur Die seehawe, wat naas Nederland ook groot dele van Duitsland en dele van Wes-Europa bedien, is die oorheersende ekonomiese faktor in Rotterdam. Daarnaas speel groot maatskappye 'n beslissende rol in die plaaslike ekonomie - so verskaf twee persent van die Rotterdamse maatskappye meer as vyftig persent van alle werkgeleenthede.

Rotterdam se ekonomie baseer daarnaas op bedrywe waar die werkgeleenthede net soos in ander nywerheidslande verminder word - vervoer, logistiek en verwerkende nywerhede. Die opbrengs per werknemer is met €67 000 per jaar merkbaar hoër as die nasionale gemiddeld (€62 000 in Den Haag, €58 000 in Amsterdam), veral danksy die kapitaalintensiewe petrochemiese bedryf in die hawegebied.Leo van den Berg: European Cities in the Knowledge Economy. Ashgate Publishing 2005, bl. 265

Hawe duimnael|links|Die Rotterdamse World Port Center duimnael|links|Houerskip in Amazonehaven Die Rotterdamse hawe, wat oor 'n afstand van veertig kilometer strek en 'n oppervlakte van 10 500 hektaar het, is een van die grootstes ter wêreld en verreweg die grootste in Europa. In 2006 het dit 378,4 miljoen ton se goedere gehanteer (2009: 385 miljoen ton)Port of Rotterdam - Persverklarings en was sodoende die derde belangrikste hawe na Sjanghai (China) (537 miljoen ton) en Singapoer (448,5 miljoen ton). Die naas-grootste Europese hawens was in daardie jaar Antwerpen, België (167,4 miljoen ton) en Hamburg, Duitsland (135,3 miljoen ton).ISL Shipping Statistics Yearbook 2007 Die hawe en hawe-gebaseerde ondernemings dra sowat sewe persent tot die Nederlandse bruto geografiese produk by en bied sowat 320 000 werksgeleenthede, waarvan 60 000 in die hawe self.

In 2000 was sowat die helfte van alle gehanteerde goedere sogenaamde "nat massagoedere" (waarvan sowat 80 persent ruolie, daarnaas chemikalieë, maar ook olies, vette en vrugtesap), 30 persent "droë massagoedere" en 20 persent houers.Ans Kolk und Mark van der Veen: Dilemmas of Balancing Organizational and Public Interests: How Environment Affects Strategy in Dutch Main Ports. In: European Management Journal Vol. 20, No. 1 bl. 45-54 2002

Die Rotterdamhawe is verreweg die grootste handelsplek vir ruolie in Europa. Hier is in 2004 altesaam 101 miljoen ton olie ingevoer, waarvan die helfte via pyplyne na die Duitse Ruhrgebied en na Antwerpen vervoer is. Die ander helfte is in die hawegebied verwerk. Vier raffinaderye, wat dikwels in besit van meerdere ondernemings is, is in die hawe gesetel - naas veertig ander maatskappye uit die olie- en chemiese bedryf, vier gasprodusente en dertien ondernemings wat hulle op die stoor van olie en sy verspreiding toespits. 'n Aantal pyplyne loop vanuit die hawe na Duitsland en België, en 'n produktepyplyn via die Ruhrgebied tot by die Rynhawe Ludwigshafen in Duitsland. Die hawegebied beskik oor interne pyplyne met 'n totale lengte van 1 500 kilometer.

Rotterdam se hawe hanteer daarnaas 'n groot persentasie van die Europese steenkoolinvoere. 102 houerkrane het in 2005 9 286 757 TEU ("Twenty-foot Equivalent Unit") se houers ontlaai - Rotterdam was sodoende nog voor Hamburg Europa se grootste houerhawe. Dit is ook Europa se voorste invoerhawe vir vrugte, groente en vrugtesap. In 2000 is 900 000 ton groente en vrugte gehanteer, en die Europese Sitrusvrugtebeurs is ook in Rotterdam gesetel.

Sien ook Afrikaanderwijk, 'n ou arbeiderswyk in die Rotterdamse gebied Feijenoord. Erasmus Universiteit Rotterdam, 'n openbare universiteit Sokkerspanne: Excelsior Rotterdam Feyenoord Sparta Rotterdam

Naburige munisipaliteite

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf Plaatsengids (beskrywing) AlleCijfers (statistiek)

Kategorie:Nedersettings in Zuid-Holland Kategorie:Stede in Nederland