duimnael|250px|regs|Die gebou van die eertydse NG gemeente Boston, nou deel van die Vredelust-gemeente, is deur Wollie Bronkhorst ontwerp.
duimnael|200px|regs|Die NG gemeente De Hoop is ingelyf by die NG gemeente Oudtshoorn-Park; so ook die NG gemeente Oudtshoorn-Zeelandsnek.
duimnael|regs|200px|NG gemeente Die Vlakte se kerkgebou en -saal, op die hoek van Taronga- en Lawsonweg, is nou die Islamitiese Vereniging Rondebosch-Oos se tuiste ná die gemeente by drie buurgemeentes ingelyf is. Twee van hulle, Van Riebeeck en Keurboom is intussen op hulle beurt ingelyf.
duimnael|regs|220px|NG gemeente Keurboom is ingelyf by NG gemeente Rondebosch in 1990.
duimnael|regs|200px|Die gemeente Kruisvallei het in 1843 van Tulbagh afgestig weens onenigheid oor die bediening van ds. Robert Shand. Dis eers in 1897 in die Sinode opgeneem. In Oktober 1935 het die twee gemeentes ná 92 jaar saamgesmelt. Die moedergemeente se Hager-kerkgebou van 1878 het toe in onbruik verval en is in 1956 gesloop. Die Kruisvallei-kerk was in gebruik tot die aardbewing van 1969 dit so ernstig beskadig het dat dit gesloop moes word. Die nuwe Tulbaghse kerk is in 1973 in gebruik geneem.
duimnael|regs|220px|Die NG gemeente Maitland, waarby NG gemeente Woodstock ingelyf is.
duimnael|regs|200px|Die NG gemeente Parow is in 1917 gestig, maar smelt in 1996 saam met Parow-Sentraal as NG gemeente Parow-Nuutbegin. Hierby word Parow-Suid ingelyf. In 2004 smelt Parow-Wes, Tygerberg (waarby Parow-Oos ingelyf is) en Nuutbegin saam as NG gemeente Parow. Dr. W.P. Steenkamp het die kerkgebou in Sarel Cilliersstraat se hoeksteen op 6 September 1930 gelê. Wat dus eers ses gemeentes was, word eindelik net een.
duimnael|regs|200px|Die Rondebosse NG gemeente waarby albei haar dogtergemeentes sedert 1989 ingelyf is.
duimnael|regs|200px|Die eertydse gebou van die NG gemeente Ruyterwacht-Wes, vroeër bekend as Epping-Wes. Ná dié gemeente in 1999 saamgesmelt het met Ruyterwacht (vroeër Eppingtuin), gebruik die nuwe gemeente dié kerkgebou in Saldanhastraat, ontwerp deur Wynand Louw.
duimnael|regs|200px|Stellenbosch se Studentekerk is ingelyf by die moedergemeente.
duimnael|regs|250px|Ná NG gemeente Woodstock by NG gemeente Maitland ingelyf is, huisves die gebou nou 'n Baptistekerk.
duimnael|220px|NG gemeente Wynberg-Militêr is ingelyf by NG gemeente Wynberg.
'n Lys van al die gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk ingelyf by ander gemeentes, ingedeel volgens die huidige tien sinodes van die kerk, asook Midde-Afrika, wat nie meer 'n afsonderlike sinode is nie, maar bestaan het uit gemeentes in Zimbabwe, Zambië, Kenia en Tanzanië.
Die getal NG gemeentes het van 1985 tot begin 2012 met 93 afgeneem van 1 246 tot 1 153 en tot begin 2014 met nog 15 tot 1 138. In 2019 was dit nagenoeg 1 115.
Amper 200 gemeentes het egter ophou bestaan omdat heelwat nuwe gemeentes van bestaande gemeentes afgestig het of nuwe gemeentes deur die samesmelting van bestaande gemeentes ontstaan het. Deur die loop van 2011 het die pas waarteen gemeentes ingelyf, saamgesmelt of ontbind het, oënskynlik toegeneem vergeleke met vorige jare toe meer as 10 gemeentes ophou bestaan het. Van dié wat ingelyf is of ontbind het, was De Aar-Suid, Vryburg-Oos, Boksburg, Bloemhof-Oos, Lichtenburg-Noord en -Wes (saamgesmelt), Reitzpark (Welkom), Eloffsdal, Eloffsdal-Wes en Magaliesfort (Pretoria, al drie saamgesmelt), Claremont (Johannesburg) en Ogies.
In 2013 en 2014 het nog twee ou moedergemeentes aan die Rand verdwyn toe Springs (1920) by Springs-Noord ingelyf is en Benoni (1914) by Farrarmere (met die nuwe naam Jubilaté). Teen 2015 is dus reeds die volgende agt moedergemeentes by dogtergemeentes ingelyf: Alberton (1916), Benoni (1914), Boksburg (1894), Germiston (1899), Krugersdorp (1890), Randfontein (1939), Turffontein (1906) en Springs (1920). Die enigste van die groot dorpe en stede aan die Rand wat nog 'n moedergemeente oorgehad het, was Johannesburg (1887), Roodepoort (1905), Brakpan (1917) en Kempton Park (1943).
Gemeentes in kursief weergegee, bestaan nie meer nie. By besonder ou gemeentes (binne die verband van hul sinode) wat ingelyf is, word die stigtingsjaar tussen hakies aangedui.
Suid-Afrika
Wes-en-Suid-Kaapland Hoewel die getal gemeentes in die Wes-en-Suid-Kaaplandse Sinode van 1985 tot 2019 van 235 tot 227 afgeneem het, is in dié Sinode in dié tydperk 16 gemeentes afgestig. Vier gemeentes is in die snel ontwikkelende Suid-Kaap en Overberg afgestig: Danabaai (afgestig van Mosselbaai-Suid in 2004), Onrusrivier (afgestig van Hermanus in 2001), Reebok (afgestig op Klein-Brakrivier in 1999) en Suidpunt (afgestig van Bredasdorp op Struisbaai en L'Agulhas in 1996).
Vyf gemeentes het ontstaan in stadsgebiede wat vinnig uitgebrei het: Brackenfell-Proteahoogte (afgestig in 1987), Sonstraal (afgestig in Durbanville in 1987), Die Gemeenskapskerk (afgestig van Table View in 2006), Parow-Welgelegen (afgestig in 1988), Table View (afgestig in 1986 as Tafelbaai met die verdeling van die gemeente Bloubergstrand). Drie gemeentes het ontstaan aan die Weskus: Langebaan (afgestig van Hopefield in 1988), Grootmist (afgestig van Port Nolloth in 1993) en St. Helenabaai (afgestig van Vredenburg in 2005).
Drie was vir spesiale bediening: Riebeek Valley Community Church (gestig in 2006 op Riebeek-Kasteel vir Engelssprekende lidmate), Stellenbosch-Sentraal (afgestig in 1985 vir studente) en Worcester-De la Bat (afgestig vir gehoorgestremde lidmate in 1987). En Houtbaai was jare 'n deel van die tweekoppige NG gemeente Constantia, tot dit in 2014 afgestig het.
Hoewel sowat 30 gemeentes ingelyf is, het die gesamentlike getal gemeentes dus met net agt afgeneem en die getal belydende lidmate met 9 000 tot sowat 213 000 in 2011 toegeneem, net om weer te daal tot sowat 193 000 in 2015 en 182 384 in 2018.
Bellville-Oos smelt in Februarie 2022 saam met Bellville-Riebeeck as Bellville-Riebeeck. Kerke smelt saam, Netwerk24, 11 Augustus 2021. Bellville-Strandweg ontbind op 31 Oktober 1996 en ingelyf by Bellville-Oos. NG gemeente ontbind, smelt saam met ander, Die Burger, 23 Oktober 1996. Boston ingelyf by Vredelust. Calvinia-Hantam ingelyf by Calvinia in 2016. De Hoop ingelyf by Oudtshoorn-Park. Die Vlakte ingelyf by Keurboom, Van Riebeeck en Rondebosch. Goodwood-Wes ingelyf by Goodwoodpark. Kalkbaai ingelyf by Simonstad, destyds bekend as Vishoek. Keurboom ingelyf by Rondebosch. Kruisvallei (1843) in Oktober 1935 herenig met Tulbagh. Langebaanweg in 2000 ingelyf by Langebaan. Okiep ingelyf by Boesmanland. Oudtshoorn-Zeelandsnek ingelyf by Oudtshoorn-Park. Parow-Nuutbegin ingelyf by Parow. Parow-Oos ingelyf by Tygerberg. Parow-Sentraal ingelyf by Parow-Nuutbegin. Parow-Suid ingelyf by Parow-Nuutbegin. Parowvallei-Wes ingelyf by Parowvallei. Parow-Wes ingelyf by Parow. Rondevleihoogte ingelyf by Die Vleie. Ruyterwacht-Wes ingelyf by Ruyterwacht. Saldanha-Militêr ingelyf by Saldanha. Simonstad saamgesmelt met Kalkbaai in 1941 as Simonstad-Kalkbaai, later Vishoek geword. Simonstad afgestig in 1974. Southfield ingelyf by Plumstead. Studentekerk Stellenbosch ingelyf by Stellenbosch. Swellendam-Wes ingelyf by Swellendam in 2008. Tygerberg ingelyf by Parow. Van Riebeeck ingelyf by Plumstead. Vredendal-Wes in 2018 ingelyf by Vredendal. Woodstock ingelyf by Maitland. Wynberg-Militêr ingelyf by Wynberg. Ysterplaat-Suid op 1 Desember 2019 ingelyf by Ysterplaat.
Die volgende gemeentes se naam het verander: Bellville-Suid → Bellville-Oos Eppingtuin → Ruyterwacht, waarby Ruyterwacht-Wes (voorheen Epping-Wes) ingelyf is Elsiesrivier → Noordweg → Vrijzee Kraaifontein-Die Parke → Parke-gemeente McLachlan → Plettenbergbaai Nieuwe Kerk → Tamboerskloof Noorder-Paarl → Toringkerk Olifantsrivier → Vredendal Onzer → Joubertina Onder-Kouga: oorsig van 'n kontrei . URL besoek op 20 September 2015. Retreat → Zwaanswyk Simonstad, Simonstad-Kalkbaai → Vishoek Tafelbaai → Table View Tierberg → Parow-Oos → Parow Tiervlei → Parowvallei Tiervlei-Oos → Parowvallei-Oos
Oos-Kaapland duimnael|regs|200px|Die NG gemeente Grahamstad (op die foto) is in 2000 ingelyf by die NG gemeente Albanie. duimnael|regs|200px|NG gemeente Alice, ingelyf by NG gemeente Fort Beaufort. Die kerkgebou het lank verval, maar is omstreeks 2013 of '14 opgeknap. duimnael|regs|200px|NG gemeente Du Plessis is omstreeks 1970 ingelyf by NG gemeente Indwe, wat self teen 2012 skaars 70 belydende lidmate oorgehad het. duimnael|regs|220px|Die NG gemeente Greykerk is ingelyf by die NG gemeente Fort Beaufort. duimnael|regs|200px|NG gemeente Hofmeyr was met 138 belydende lidmate in 2012 een van die Oos-Kaap se klein en vakante gemeentes. In 2015 het dit afgeneem tot 113. In daardie jaar was daar 38 gemeentes in dié Sinode met minder as 200 belydende lidmate. duimnael|regs|200px|NG gemeente Indwe, waarby die NG gemeente Du Plessis ingelyf is. duimnael|regs|220px|Die NG gemeente Middelburg-Uitsig het in 2010 met NG gemeente Middelburg, Kaap saamgesmelt as Middelburg-Karoo. duimnael|regs|200px|Die NG gemeente Queenstown-Oos het in 1953 van die NG gemeente Queenstown afgestig en dié kerkgebou in Warnerstraat opgerig. Queenstown-Noord het in 1972 afgestig, maar smelt in 1982 saam met die Oos-gemeente as Queenstown-Tuine, wat op sy beurt in 1999 by die moedergemeente ingelyf is. duimnael|regs|220px|Sidwell is ingelyf by die NG gemeente Port Elizabeth-Noord. duimnael|regs|220px|Noordeinde is by Port Elizabeth ingelyf en sy kerkgebou in 'n duikkloppery omskep.
Die getal gemeentes in dié sinode het van 1985 tot 2015 gedaal van 114 tot 106. Teen 2019 het dit nog afgeneem, tot 104. Die enigste nuwe gemeentes was die samesmelting van Oos-Londen-Suid en -Wes as De Brug in 1993 (wat in 2010 ingelyf is by Buffelsrivier), Gonubie by Oos-Londen in 1986, Port Elizabeth-Sherwood in 1987 en eers weer 21 jaar ná die laaste volwaardige stigting met die afstigting in 2008 van Sondagsriviermond van Uitenhage-Oos. Eers in 2015 was daar nog twee afstigtings: Waypoint-gemeenskapskerk in Port Elizabeth en Clearview op Maclear in die Noordoos-Kaap.
Etlike baie oue gemeentes het deur die voortdurende ontvolking van die platteland en deur die destydse regering se beleid om die sogenaamde tuislande te konsolideer, ophou bestaan. Hulle was onderskeidelik die 77ste (Komga), 86ste (Alice) en 87ste (Greykerk) oudste NG gemeentes in die land, asook die NG gemeente Du Plessis (1919), onder meer gesetel op die dorpie Cala in die destydse Transkei, Pondoland (1948) en Butterworth (1958), afgestig van Komga en sowat 20 jaar later weer by die moedergemeente ingelyf. Hulle stigtingsdatums word tussen hakies aangedui.
Op 13 September 2010 smelt ook die Middelburg, Oos-Kaap (gestig in 1852), saam met die dorp se ander NG gemeente, Middelburg-Uitsig, as Middelburg-Karoo. Dit is die oudste gemeente wat tot dusver met 'n ander gemeente verenig het. Ondanks die verdwyning van 10 gemeentes, het die gemiddelde getal belydende lidmate per gemeente afgeneem van 650 in 1985 tot 552 in 2012, 538 in 2014 en 496 in 2015 omdat die Sinode se totale getal belydende lidmate met 24,5 persent gedaal het van 74 092 in 1985 tot 55 975 in 2014 en daarna binne 'n jaar met 6 persent tot 52 616. In die hele NG Kerk was die afname tot in 2014 19,6 persent. Net in KwaZulu-Natal (42 persent tot in 2014) was die afname groter as in die Oos-Kaap.