Hierdie artikel handel oor die dorp in die Noord-Kaap in Suid-Afrika. Vir ander gelyknamige plekke, sien Warrenton (dubbelsinnigheidsbladsy).
Warrenton is 'n dorp in die ooste van die Noord-Kaap, in Suid-Afrika. Die dorp is langs die N12 nasionale pad en op die oewer van die Vaalrivier geleë. Die dorp ondersteun hoofsaaklik die omliggende boerdery-gemeenskappe. In 1888 word diamante hier ontdek en word tot 1926 ontgin. Die dorp is genoem na Charles Warren.
Distrik Die distrik is 1 585 km² groot. Die landbou van die distrik, bedryf op die Vaal-Harts-besproeiing nedersetting, lewer grondbone, lusern, koring, mielies en katoen. Bees- en merinoskaapboerdery is ook belangrik. Daar is verskeie kaasfabrieke in die distrik. Kaolien (porseleinklei) word ook gemyn.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap