Isjimbai (Russies: Ишимбай, Basjkiers: Ишембай; Isjembai) is 'n stad in die suide van die Russiese outonome republiek Basjkortostan. Dit vorm die bestuursentrum van die gelyknamige distrik, Isjimbaiski.

Die stad lê aan die westelike rand van die Suidelike Oeral, aan die Belaja en sy syrivier die Tairoek, 166 kilometer suid van die hoofstad, Oefa, 30 kilometer suidoos van Sterlitamak en 14 kilometer noordoos van Salawat.

Isjimbai het 66 177 inwoners (2014-sensus), wat dit die sewende grootste stad van Basjkortostan maak. Dit is een van die Ru-oliesentra van die Oeralgebergte.

Eksterne skakels Inligtingsportaal van die stad ishimbay

Kategorie:Nedersettings in Rusland