Tokkelos of tokkelossie is 'n inheemse Suid-Afrikaanse woord wat "spook" of "bose gees" beteken en algemeen in gebruik is.
'n Tokkelos word gesien as 'n harige, kwaadwillige, klein kabouteragtige, magiese skepsel wat met Sangomas, of "toordokters" geassosieer word.Artikel oor Sangomas op die Engelse Wikipedia
Daar is nie baie oor tokkelosse self geskryf nie, maar Afrikaanse literatuur verwys algemeen daarna. Die roman Toorberg, deur Etienne van Heerden (1986) is 'n klassieke voorbeeld. Nog 'n voorbeeld is Gerhard Steyn se liedjie, Tokkelossie.
Ander gebruike Die Afrikaans-English/English-Afrikaans Practical Dictionary () vertaal die Engelse woord "Gremlin" as tokkelos(sie), duiweltjie, setfout/setsatan/drukfout.
Verdere leesstof Tokkelossie: Bydrae tot die Afrikaanse volkskunde en taalkunde, deur Abel Coetzee (1941) Ons Springbok-rugbyspelers en Tokkelossie, deur Topsy Smith (Afrikaanse Pers, 1946) Die Afrikaanse volkskultuur; inleiding tot die studie van volkskunde, deur Abel Coetzee (A.A. Balkema, 1953) Tokkelossie, deur A F Johnson (Unisa, 1989)
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse woorde