Jacob van Schalkwyk (gebore 20 September 1979) is 'n Suid-Afrikaanse visuele kunstenaar en skrywer.
Biografie Van Schalkwyk het groot geword in Pretoria, Suid-Afrika voordat hy na New York Stad om die Pratt Instituut vir Kuns en Ontwerp by te woon. Terwyl hy sy Baccalaureusgraad in Beeldende Kunste behaal het, was hy die ontvanger van die Pratt Circle-toekenning vir Akademiese Prestasie in 2003. Van Schalkwyk het in 2008 na Suid-Afrika teruggekeer en woon nou in Seepunt, Kaapstad.
Kuns Van Schalkwyk se werk is gewortel in abstraksie, wat temas en idees uit wiskunde as komposisie-instrumente insluit. Hy is gemoeid met materiaal en tegniek, gebore uit 'n liefde vir papier. Van Schalkwyk gebruik litografiese ink as medium vir skildery en teken. Sy werke op papier vermeng die onderskeid tussen drukkuns, tekening, skildery en laag-reliëf beeldhouwerk.
Van Schalkwyk se werk is verteenwoordig deur GALLERY AOP in Johannesburg van 2011 tot 2016. 'n Beperkte uitgawe van 100 monografieë "Drawings 2011-2013" () is deur die galery gepubliseer. In 2016, David Krut Projects het die voorstelling van sy werk oorgeneem., David Krut Projects, Jaocb van Schalkwyk overview. Van Schalkwyk se praktyk strek oor teken, skildery, drukkuns, film en video, beeldhouwerk en installasie.
Ekshibisies 2017 DOLCEFARNIENTE, David Krut Projects, Johannesburg en KaapstadDOLCEFARNIENTE, David Krut Projects,DOLCEFARNIENTE, 2017]. 2017 Atmosphere, David Krut Projects, New York Stad 2016 SUNSETS, David Krut Projects, Kaapstad 2016 Open Dialog Box, Kaapstad 2015 Drawing a Group Show, GUS Gallery, Stellenbosch 2011 2015 GALLERY AOP, FNB Joburg Art Fair, Johannesburg 2014, 2015 GALLERY AOP, Cape Town Art Fair, Kaapstad 2014, 2015 Edinburgh International Fashion Festival, Skotland 2014 Topoi, Tropi, Apotropos, GALLERY AOP, Johannesburg 2013 Constraints, GALLERY AOP, Johannesburg 2013 Back to The Future, SMAC Gallery, Stellenbosch 2013 6+1...14+1; 1st, 2nd, Blank Projects, Kaapstad 2012 FUN AND GAMES..., GALLERY AOP, Johannesburg 2012 When Form Becomes Attitude, Blank Projects, Kaapstad 2012 Blank Projects, SUPERMARKET Art Fair, Stockholm, Sweden 2011 Bait al-Hikma, GALLERY AOP, Johannesburg 2010 Drawing Links, GALLERY AOP, Johannesburg 2002 SAIDA DE EMÉRGENCIA, Graduate exhibition, Pratt Institute, New York
Versamelings Jacob van Schalkwyk is opgeneem in private en korporatiewe versamelings in Suid-Afrika, die Verenigde State en Europa. , Drawings: 2011 - 2013, Jaco van Schalkwyk. South African Reserve Bank Collection Telkom SA Collection Landstinget Dalarna Collection, Sweden Spier Art Collection Nando’s Contemporary African Art Collection
Skryfwerk The Alibi Club, sy debuutroman waarin sy tyd in Fort Greene, Brooklyn uiteengesit word, is in 2014 deur Umuzi, 'n afdeling van in beide Afrikaans en Engels gepubliseer. , Penguin-Random House,The Alibi Club. Dit is genomineer vir die Sunday Times Literêre Toekenning, die UJ-fiksieprys en SATI-toekenning vir Uitstaande Vertaling.
Boekresensies The Alibi Club Karin Schimke, REVIEW: The Alibi Club. by Karin Schimke. Hard-earned Swagger and Confidence at the Launch of Jaco van Schalkwyk’s The Alibi Club by Books Live Sunday Times. Penguin, Books Live Sunday Times, Hard-earned Swagger and Confidence at the Launch of Jaco van Schalkwyk’s The Alibi Club.
Musiek Nadat hy aan die Pratt Institute van Kuns en Ontwerp gegradueer het, het Van Schalkwyk saam met Carl Hancock Rux aan sy derde ateljee-album Good Bread Alley gewerk, en opera-oratorium MYCENAEAN voordat hy na Suid-Afrika terugkeer. In Suid-Afrika vorm hy die Afrikaanse kuns-punk duo Jaco+Z-hond saam met kunstenaar Zander Blom van 2009-2011. Hy het as gassanger opgetree op The Buckfever Underground se 2012 album Verkeerdevlei.
Film Van Schalkwyk het aan 'n aantal kortfilms deur kunstenaar Michael Macgarry deelgeneem.
Digkuns Van Schalkwyk is die agterkleinseun van A.G. Visser. Beide hy en Visser het al poësie in Ons Klyntji laat publiseer.
Verwysings
Eksterne skakels Jacob van Schalkwyk, artsy.net Onderhoud met Jacob van Schalkwyk op klyntji.com
Kategorie:Suid-Afrikaanse kunstenaars