Mesembryanthemum amabile is 'n vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die plant is endemies aan die Noord-Kaap en kom naby Sutherland voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van kleiner as 500 km² en groei in die Sukkulente Karoo in 'n rotsagtige omgewing op hoogtes van 1 200 tot 1 600 m. Die plant word as seldsaam beskou.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

amabile Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika