Mesembryanthemum napierense is 'n vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap van Botrivier tot by Swellendam voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 2 500 km² en daar is vyf subpopulasies. Een subpopulasie word bedreig deur indringer Eucalyptus-spesies en die ander word bedreig deur oorbeweiding en vertrapping deur vee.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
napierense Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika