Muraltia mitior is 'n struik wat deel is van die Polygalaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap op die Kaapse Vlakte en op die Agulhasvlakte voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 3212 km² en is ook deel van die fynbos en die Strandveld. Daar is twee tot vier gedefragmenteerde subpopulasies oor wat stadig verdwyn weens oorbeweiding, voorstedelike-en-kus ontwikkeling en indringerplante.
Op die Kaapse Vlakte is daar slegs 10% van die spesie se habitat oor.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Muraltia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika