Muraltia obovata is 'n struik wat deel is van die Polygalaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap en die Wes-Kaap vanaf Brand-se-Baai tot by Saldanha voor. Die subpopulasies is klein, tipies 50 plante of minder en die totale populasie word op minder as 5 000 plante geskat. Die spesie word bedreig deur aartappel en rooibostee boerdery asook oopgroef ontginning van die sandduine. Die plant is deel van die fynbos.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Muraltia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika