duimnael|7 World Trade Center, beskou as New York Stad se eerste "groen" kantoorblok wat goue status verkry het volgens die LEED-program.

LEED (Engels vir Leadership in Energy and Environmental Design) is 'n puntestelsel wat in 1998 deur die VSA se Green Building Council (USGBC) opgestel is om geboue mee te beoordeel. Dit maak 'n stel standaarde vir die omgewingsvriendelike en onderhoubare konstruksie van geboue beskikbaar.

Sertifikasieprogram LEED v2.2 maak voorsiening vir die toekenning van 69 moontlike punte en vier sertifikasies vir nuwe konstruksies en groot opknappings aan kommersiële geboue: Sertifikasie – 26-32 punte Silwer – 33-38 punte Goud – 39-51 punte Platinum – 52-69 punte

Professionele akkreditasie Professionele persone wat in "groen"-geboue spesialiseer kan 'n LEED-akkreditasie bekom deur die LEED-eksamen af te lê. Hierdie akkreditasie stel individuele in staat om die beoordeling van geboue te fasiliteer. Professionele akkreditasie word deur die Green Building Certification Institute geadministreer.

Ander nasionale beoordelingstelsels LEED international

Kritiek Die LEED-standaard neem nie die plaaslike omgewingsfaktore, soos die gemiddelde buite temperatuur, in ag nie.

Sien ook Hernubare energie Ekologie

Eksterne skakels U.S. Green Building Council World Green Building Council Canada Green Building Council Leed Certified Real Estate Examples for LEED-certified buildings

Kategorie:Energie Kategorie:Milieubeskerming