duimnael|Die sogenaamde Rosa 'Margaret Roberts'.
Ludwig Taschner (gebore 28 Augustus 1942) is 'n bekende rooskweker van Haakdooringlaagte, wat noord-oos van Pretoria, Suid-Afrika geleë is. Hy het nagenoeg 1 miljoen roosbome (ongeveer 800 variëteite) wat hy in sy kwekery van ongeveer 50 hektaar verbou. Hy is bekend vir die rose wat hy vir Mimi Coertse gekweek het, en die rose wat hy na Nelson Mandela, Margaret Roberts en Rina Hugo vernoem het.Rose-man op pad na herstel ná rowers hom in sy huis skiet, Beeld, besoek op 22 Augustus 2008
Taschner het ook 'n boek met die titel "Roses" geskryf, en stuur 'n e-pos nuusbrief genaamd, "Talking roses", aan sowat 70 000 intekenare per maand uit.
Verwysings
Eksterne skakels Ludwig se Rose
Kategorie:Suid-Afrikaanse botanici Kategorie:Geboortes in 1942