Mimi Coertse (12 Junie 1932 – 27 April 2026) was 'n Suid-Afrikaanse sopraan. Sy was bekend vir haar vertolking van Afrikaanse kunsliedere.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Coertse is op 27 April 2028 in haar huis in Pretoria oorlede.
Vroeëre lewe Maria Sophia Coertse is op 12 Junie 1932 in Durban, Natal, gebore. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar in Johannesburg. In 1949 begin sy haar stemopleiding in Suid-Afrika. H. Rosenthal en J. Warrack, Concise Oxford Dictionary of Opera (OUP, Londen 1974 druk). In Julie 1953 trou sy met die uitsaaier en komponis, Dawid Engela. Sy verruil Suid-Afrika in September 1953 vir Londen, reis later na Den Haag en uiteindelik na Wene. Sy begin haar opleiding met Maria Hittorff en Josef Witt in Januarie 1954.
Operaloopbaan Coertse maak haar debuut in Januarie 1955 as die Eerste Blommemeisie in Richard Wagner se Parsifal by dieTeatro San Carlo-teater in Napoli, Karl Böhm het begelei. Sy sing ook in Basle by die Teatro San Carlo. Op 17 Maart 1956 maak sy haar debuut by die Weense Staatsopera as die Koningin van die Nag in Die Towerfluit deur Mozart en bly aan by die Weense Staatsopera tot 1978. Haar Covent Garden-debuut was in 1956, in dieselfde rol. Rosenthal en Warrack, 1974 Sy het dié rol uiteindelik meer as 500 keer in vier tale (Duits, Engels, Frans en Italiaans) uitgevoer.
In die 1960’s tree sy dikwels ook in ander Europese operasentra op. In 1966 ken die Oostenrykse regering die titel Kämmersangerin aan haar toe.
Latere jare duimnael|Mimi Coertse op die voorblad van Die Huisgenoot, 10 Januarie 1958. In 1973 keer sy terug na Suid-Afrika, waar sy gereeld vir die destydse streeksrade optree, terwyl sy tot in 1978 ook nog kontrakverpligtinge in Wene nakom. Sy 'n gereelde gas op Suid-Afrikaanse verhoë en ook 'n gereelde uitsaaier op radio en televisie.
In 1996 word sy deur Oostenryk se Bondsministerie vir Wetenskap en Kuns met die goue Österreichisches Ehrenkreuz (Oostenrykse Erekruis, eerste klas) vereer, die hoogste eerbewys wat ’n kunstenaar in dié land kan ontvang. In dieselfde jaar werk het sy die EP The Diva Divine saam met Nataniël uitgereik. In 1998 word ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van Pretoria en in 2013 van Unisa aan haar toegeken.
Sy het haarself ook toegespits om jong Suid-Afrikaanse sangers uit te wys en op te lei. In 1998 stig Mimi Coertse en Neels Hansen die Black Tie Ensemble, 'n ontwikkelingsprojek wat jong, klassiek-opgeleide sangers die geleentheid bied om die gaping tussen hulle opleiding en 'n professionele optrede te oorbrug.
Coertse is op 27 April 2028 op 93-jarige ouderdom in haar huis in Pretoria oorlede. Sy het rustig in haar slaap gesterf.
Vererings en toekennings 1961: Medalje van Eer van Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. 1966: Die prestige titel van "Kammersängerin" vanaf die Oostenrykse Regering. 1985: Sy ontvang die Dekorasie vir "Meritorious Services" in Suid-Afrika ter erkenning van haar bydrae tot die Kuns. Augustus 1996: sy ontvang die hoogste eerbewys wat 'n kunstenaar van die Oostenrykse Regering kan ontvang: die "Oesterreichische Ehrenkreuz für Wissenschaft und Kunst". 1998: Sy ontvang 'n D. Phil. van die Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika. 2002: Sy ontvang die goue "Rathausmann" vanaf die burgemeester van Wene, Dr. Michael Häupl. 2002: 'n Ster, voorheen bekend as Sagittarius RA 18h 56 m 14,74's DZ25Vsu0W, is na haar genoem. 2004: Sy behaal 'n 94ste plek in die SAUK3 se stemming om die 100 grootste Suid-Afrikane van alle tye te bepaal. 2008: Die Mimi Coertse Museum van Afrikaans open by die Huis vir Afrikaanse Poësie (hAp) in Capital Park, Pretoria. 2012: 1 Julie – 30 September: Spesiale uitstalling in die Staatsoperamuseum, Wene: Mimi Coertse, 'n Weense vrou uit Suid-Afrika.
Repertoire Behalwe vir haar Afrikaanse kunsliedere het sy onder andere die volgende operas uitgevoer:
Die Towerfluit (Wolfgang Amadeus Mozart) – Koningin van die Nag Il Seraglio (Wolfgang Amadeus Mozart) – Constance Ariadne auf Naxos (Richard Strauss) – Najade, later Zerbinetta Rigoletto (Giuseppe Verdi) – Gilda Les contes d'Hoffmann (Jacques Offenbach) – Olympia, Antonia, Giulietta, Stella Palestrina (Hans Pfitzner) – die engel Carmen (Georges Bizet) – Frasquita Martha (Friedrich von Flotow) – Martha Mignon (Ambroise Thomas) – Philine La traviata (Giuseppe Verdi) – Violetta An Irish Legend (Werner Egk) – vroulike hoofsanger Unverhofftes Begegnen (Joseph Haydn) – vroulike hoofsanger I Pagliacci (Ruggiero Leoncavallo) – Nedda Arabella (Richard Strauss) – Fiaker-Milli Bastien und Bastienne (Wolfgang Amadeus Mozart) – Bastienne The Merry Widow (Franz Lehár) – Hanna Glawari Lucia di Lammermoor (Gaetano Donizetti) – Lucia Die Fledermaus (Johann Strauss II) – Rosalinde L'heure espagnole (Maurice Ravel) – Concepcion Don Giovanni (Wolfgang Amadeus Mozart) – Donna Elvira La bohème (Giacomo Puccini) – Musetta Norma (Vincenzo Bellini) – Norma Così fan tutte (Wolfgang Amadeus Mozart) – Fiordiligi Falstaff (Giuseppe Verdi) – Mrs. Alice Ford Turandot (Giacomo Puccini) – Liu, 'n jong slavin Angelique (Jacques Ibert) – Angelique Don Giovanni (Wolfgang Amadeus Mozart) – Donna Anna Die schweigsame Frau (Richard Strauss) – Aminta, Tímida Die ägyptische Helena (Richard Strauss) – Aithra Daphne (Richard Strauss) – Daphne Don Carlos (Giuseppe Verdi) – Elisabeth von Valois
Sien ook Lys van bekende Suid-Afrikaners Suid-Afrikaanse musikante Afrikaanse musiek
Verwysings
Bronnelys Helmuth Furch, 'Die Wiener Jahre von Kammersängerin Mimi Coertse,' ('Die Weense jare van kammersangeresse Mimi Coertse'), Bulletin of Museums- und Kulturverein Kaisersteinbruch No. 41, 20-56, Maart 1996: ook 'Mimi Coertse, die hochgeschätzte Konzert- und Liedsängerin' (Mimi Coertse, die hooggeskatte Konsert- en Liedjiesangeres), ibid. No. 52, 33-54, Desember 1998. Helmuth Furch, Eva Hilda Smolik en Elfriede Werthan, Kammersängerin Mimi Coertse, eine Wienerin aus Südafrika (Kammersangeres Mimi Coertse, 'die Weense vrou uit Suid-Afrika) (met voorwoord deur Marcel Prawy), (Wene 2002). Mimi Coertse, 'n Stem vir Suid-Afrika: My Storie soos Vertel aan Ian Raper. Litera Publikasies, 2007. Mimi Coertse's Rise to Fame. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 11, nr. 2, Desember 1961 Johan van Rooyen, Mimi: 'n Feesbundel saamgestel deur Johan van Rooyen ter viering van Mimi Coertse se sewentigste verjaardag op 12 Junie 2002. Protea Boekhuis, Pretoria, 2002.
Eksterne skakels
Youtube video – Mimi Coertse sing "Op my ou ramkietjie" deur Jan Bouws Youtube video (1) – Mimi Coertse sing "Heimwee" Youtube video (2) – Mimi Coertse sing 'Heimwee"
Kategorie:Suid-Afrikaanse operasangers Kategorie:Geboortes in 1932 Kategorie:Sterftes in 2026 Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Afrikaners Kategorie:Alumni van die Universiteit Pretoria