Rina Hugo (gebore 13 Maart 1949) is 'n Suid-Afrikaanse sangeres. Rina Hugo is in 1978 saam met Bruce Sanderson as wenners van die ATKV se Crescendo aangewys.

Sy verwerf haar B.Mus.-graad aan die Noordwes-Universiteit (toe nog Potchefstroomse Universiteit vir CHO) in 1970. Sy was ook lid van die Alabama Studentegeselskap. Rina het uitgeblink in feitlik alle genres wat deur 'n solis beoefen kan word naamlik: Opera, oratorium, operette, musiekblyspele, die kunslied en ligte musiek.

Op 26 Januarie 2020 is Rina ook ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum. Sy was een van slegs 20 legendes van wie daar ook 'n borsbeeld gemaak is.

Diskografie Onthou, 2009 FANTASIA In Harmonie, met Manuel Escórcio, 2008 FANTASIA Afrikaanse Goue Stemme, 2008 EMI Die Nuwe Jerusalem, 2007 KOSMOS/EMI Die Duet Album, met Jannie Moolman, 2006 VAT VYF Centurion Konsert DVD, 2006 EMI Net ´n Stille Uurtjie, 2005 EMI Rina en Gé Boks, 2005 EMI Jerusalem! / Hoe Groot Is U, 2005 EMI My Treffers, 2004 EMI Your Favourite Songs, 2003 EMI Give Me Time, 2002 EMI Music In The Mountains, met die Drakenbergse Seunskoor, 2000 EMI Rina, DECIBEL Treffers 1983–1995, 1996 DECIBEL/ EMI Je T´Aime Mon Amour, 1995 DECIBEL Wat ´n Vriend Het Ons In Jesus, 1994 EMI Rina en Gé, 1993 DECIBEL Ek Mis Jou Vanaand, 1992 DECIBEL Rina Se Treffers, 1992 DECIBEL/ EMI Jerusalem!, 1992 DECIBEL Elke Dag Van Die Res Van My Lewe LP, 1991 DECIBEL Hoor Jy My Stem Oor Die See?, 1988 DECIBEL Se Grootste Treffers LP, 1987 DECIBEL Los My Alleen LP, 1987 DECIBEL Rina LP, 1985 DECIBEL Kom Huistoe / Bly Naby My 7", 1987 DECIBEL Rina Hugo LP, 1983 DECIBEL

Filmografie Rina was ook in die 1986-rolprent, You Must Be Joking! te sien saam met bekendes soos Carike Keuzenkamp, Kallie Knoetze, Leon Schuster, Mike Schutte en Janine Pretorius.

Sien ook Afrikaanse musiek Suid-Afrikaanse musikante

Bronne

Eksterne skakels Rina Huge se amptelike webwerf (dooie skakel), argief weergawe (4 Maart 2022) van die Internet argief.

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Alumni van Noordwes-Universiteit Kategorie:Lewende mense