duimnael|regs|200px|S.J. Pretorius, omstreeks 1949.
Sarel Jakob Pretorius (1917–1995) was 'n Afrikaanse digter, joernalis, professor in Afrikaans- en Nederlandse Letterkunde en omroeper.Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Pretorius,_Sarel_Jacob Hy publiseer altesaam 15 digbundels gedurende sy loopbaan.Van Coller, H.P. en Odendaal, B.J. Versindaba: http://versindaba.co.za/2009/06/11/sj-pretorius/ Sy bekendste gedigte was Harlekyn van die dieretuin en Die kranksinnige. Van sy gedigte is voorgeskrewe materiaal in Suid-Afrikaanse skole.
Lewe en werk links|190px|duimnael|S.J. Pretorius. Sarel Jacob PretoriusSy voornaam word deur bronne afwisselend as Jacob en die variant Jakob [en selfs Jakop] aangegee. Omdat die oorheersende variant in die familie klaarblyklik Jacob is, word dit so hier aangedui is op 7 Januarie 1917 op Postmasburg in die Kaapprovinsie gebore as die tweede van vier kinders. Hy is op 28 Februarie 1917 in die Gereformeerde kerk Postmasburg gedoop.Pretoriusfamilie.info. URL besoek op 2 November 2016.
Sy vader was die onderwyser en skoolhoof, Petrus Jacobus Pretorius (Petrusburg, 8 Maart 1892 – Johannesburg, 7 Junie 1983) van Philippolis en sy moeder Johanna Maria Kruger (1893–1982), dogter van Gert H.J. Kruger van Venterstad. Hulle is in 1912 in die Gereformeerde kerk Venterstad getroud. UIt die huwelik is vier kinders gebore, waarvan Sarel die tweede oudste was na sy suster. Al die kinders het die onderwys betree.
Tydens die Anglo-Boereoorlog bring sy vader saam met sy moeder, broer en sustertjie geruime tyd in die konsentrasiekamp op Norvalspont deur, waar sy suster Hettie oorlede is. Ná die oorlog moet hulle weer die verwoeste familieplaas van vooraf opbou. Na Sarel se ouers se troue besluit sy pa om na Griekwaland-Wes te trek, waar al sy opregte vee vrek en hy besluit om eerder te gaan leer vir onderwyser. Hy gee onderwys op Tierkop naby Postmasburg in ’n kamer van ’n privaat woonhuis en studeer dan verder in die Paarl, waarna hy onderwyser word op Postmasburg en tydens Sarel se geboorte onderhoof van die hoërskool is. In hierdie tyd is sy pa ook die korrespondent vir Die Burger op Postmasburg en skryf hy kortverhale wat in Die Huisgenoot gepubliseer is.
Sarel gaan skool op sy tuisdorp, waar hy in die koshuis inwoon waar sy pa die koshuisvader is, en matrikuleer dan aan die Potchefstroom Gimnasium. Hy behaal in hierdie tyd as bariton sukses op verskeie kunswedstryde, ook in Johannesburg, terwyl een van sy gedigte ook ’n medalje verower in ’n kunswedstryd. Daarna studeer hy vanaf 1934 tot 1938 aan die PUK (Potchefstroomse Universiteitskollege), waar die klasse wat Gerrit Dekker aanbied sy liefde vir die letterkunde vestig. Hy behaal hier die B.A.-graad in 1937 en daarna die Universiteits Onderwysdiploma in 1938. Op universiteit blink hy uit in atletiek en word ook bekroon met die eerste prys vir ’n skets wat in Die Besembos verskyn. In 1939 begin sy onderwysloopbaan aan die Junior Hoërskool Malvern, waar hy die armoedige, verstedelikte Afrikaners waarneem. Dan aanvaar hy ’n betrekking as onderwyser in Linden, eers aan die Laerskool Louw Geldenhuys en later aan die Hoërskool Linden. In Julie 1943 trou hy met die violiste Anna Swanepoel van Linden en die egpaar het drie kinders; twee seuns (Aleit en Petrus) en ’n dogter (Rachel).
In 1947 betree hy vir ’n tydjie die joernalistieke wêreld as mederedakteur van ’n Afrikaanse tydskrif in Johannesburg. Daarna word hy in 1948 vertaler by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, waar hy onder andere vele dramas in Afrikaans vertaal. In 1952 hervat hy sy studies aan die Universiteit van die Witwatersrand en behaal in 1954 die B.A. Honneurs-graad in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde. In 1956 vertrek hy met ’n studiebeurs van die Nederlands-Zuidafrikaanse Vereniging na Utrecht, Nederland en skryf hom in vir ’n doktorale studie onder die bekende spesialis in die sewentiende-eeuse Nederlandse letterkunde, professor W.A.P. Smit.
Persoonlike omstandighede noop hom om in 1957 na Suid-Afrika terug te keer sonder dat hy sy studie kan voltooi. Dit verhoed hom egter nie om korrespondensie met professor Smit te bly voer nie en hy sit sy studie van Joost van den Vondel aan die Universiteit van die Witwatersrand voort. In 1964 promoveer hy onder N.P. van Wyk Louw, met professor W.A.P. Smit steeds sy eksterne eksaminator en vernaamste raadgewer, aan die Universiteit van die Witwatersrand met ’n studie oor Vondel se Christelike epos getitel Joannes de Boetgezant: ’n studie van ’n 17de-eeuse Christelik-Renaissancistiese epos, wat in 1972 in verwerkte vorm onder die titel Die stryd tussen hemel en hel gepubliseer word. Na sy terugkeer na Suid-Afrika in 1957 is hy weer tot 1962 vertaler by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie. In hierdie tyd is hy vir ’n ruk ook mederedakteur van Nederlands-Suid-Afrikaanse Tydskrif, maar die tydskrif word gestaak as daar weinig belangstelling is van die teikenmark, naamlik Nederlandse immigrante en Afrikaners. Vanaf 1962 is hy dosent in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika. In 1963 word hy tot senior lektor bevorder en in 1972 tot professor, ’n posisie wat hy tot met sy aftrede in 1982 beklee.
Op 31 Maart 1995 is hy in Johannesburg aan ’n hartaanval oorlede. SJ se laaste bundel is getiteld "Amper Postuum" wat n paar weke na sy dood verskyn het.
Skryfwerk
Poësie Sy eerste gedig skryf hy op veertienjarige ouderdom in Engels, wanneer hy vir die eerste keer verlief raak. Hy publiseer vanaf 1935 in Die Huisgenoot en vriendelike kommentaar en advies van H.A. Mulder lei tot die uitgawe van sy eerste digbundel in 1943. As een van die Veertigers in die Suid-Afrikaanse letterkunde ervaar en verwoord hy die oorgang van ’n landelike kultuur na ’n stadskultuur en bring hy ook die gewone, nie-digterlike woord tot poëtiese bruikbaarheid. By uitstek beeld hy die misplaastes en verskoptes in die samelewing (die gebreklike, die bedelaar, die ingehokte dier) in sy werk uit en lewer so ’n belangrike bydrae tot tematiese en beeldverruiming in die Afrikaanse letterkunde. Sy oeuvre spreek van ’n konsekwente somber en pessimistiese lewenstoon.
Die debuutbundel, Vonke, bring reeds twee van die oorheersende temas in sy werk aan die bod, naamlik die uitbeelding van die persoonlike en algemeen menslike lyding en die simpatieke uitbeelding van die eenvoudiges, veral die armes en verdruktes in ’n grootstad. Die bundel word in vier afdelings verdeel. In sy eie keuse uit sy werk, wat met die geleentheid van sy sestigste verjaarsdag onder die titel Album uitgegee word, neem die digter slegs een gedig (Stakers) op.
Die arbeider en ander gedigte speel die stad en die platteland teenoor mekaar af, waar die stad waargeneem word deur ’n spreker wat hom hier ontuis voel en die lewe op die platteland verheerlik word. Die digter neem die tematiek van sy debuutbundel verder in die sosiale meegevoel met die agterbuurt-ellende van die arbeiders in die stad.Mulder, H.A. “Standpunte” Reeks 1, no. 2 1945 Uit hierdie bundel neem die digter ses gedigte in “Album” op.
Sy derde bundel se titel, Inkeer, is reeds aanduidend van die oorheersende tema van fokus op die mens en sy innerlike stryd. Die onregverdigheid van die menslike bestaan en die onmag teen die wêreld word uitgebeeld, gevolg deur die besef dat die swaarkry en pyn dikwels slegs ’n voorspel is tot ’n positiewe uitkoms. Vrees is ’n oorheersende motief in hierdie bundel, wat vrees vir die verganklikheid, vrees vir lyding en eindelik ook vrees vir die dood insluit. In aansluiting by die Dertigers tree hy hier ook in enkele gedigte in geding met God, ’n tema wat hy meer ontgin in sy volgende bundel. Die bundel word verdeel in vyf afdelings, wat ’n soort geestelike groei uitbeeld.Grové, A.P. “Standpunte” Jaargang 4, no.2, 1949
Die swyende God word in vier afdelings ingedeel. In die afdeling oor God kry die digter aanvanklik nie antwoorde op die vrae oor wie God is en waar Hy te vinde is nie, met alleen die wete dat alles eindelik om die Dood draai. Die afdeling Dood en verdriet beskryf die enorme impak wat hierdie stilte van God in menslike verdriet het op die menslike psige ten opsigte van dinge soos introversie, isolasie, verstoting en agtervolging. Dit lei ook tot wanhoop aan die lewe, die gemeenskap met mense en aan die kuns. In die afdeling Liefde verkry die spreker deur die liefde vir vrou en kind weer sin, waardeur die vertroue in die lewe, die natuur en God herontwaak. Skoonheid is die vierde afdeling. Hier is die spreker weer in staat om die wonder en skoonheid van die natuur te sien as ’n ligpunt in hierdie donker lewenslandskap. Waar die vorige bundels in hoofsaak gewy is aan maatskaplike en sosiale temas, fokus hierdie bundel eksklusief op die “ek” se belewenis, waardeur die gegewe verskraal word. Die vormloosheid van die gedigte (wegbeweeg van vaste digvorms soos sonnet en kwatryn) strek die poëtiese dissipline in die bundel nie tot wins nie en die digter maak hom meermale skuldig aan insinkings in die inhoud en beelding. Slegs enkele gedigte, waaronder Geluide, Vrae, Stadsperd, Winterreën en Klein ballade van die liefde, kan as oorwegend goed of geslaagd beskou word.Antonissen, Rob “Standpunte” No. 21, Oktober 1951
Die lang gedig Grou mure ondersoek weer die temas van die arbeider en sy lot en die teenstelling tussen stad en platteland. Dit vertel gedeeltelik die verhaal van ’n plaasboer wat deur ’n driejarige droogte op sy knieë gedwing word en daardeur na die stad gedryf word, waar hy as mynwerker en fabrieksarbeider in ellende ondergaan. In sy somber bestaan hunker hy terug na sy lewe op die plaas, wat broksgewys in sy oorpeinsings opgeroep word. Die gedig word opgedeel in ses afdelings, Muur, Voorspel, Masjien, Monstering, Kantien en Kruis. Gedeeltelik word die gebeure deur ’n ek-verteller weergegee, en gedeeltelik in die vorm van verhaal en beskrywing. Dit bring mee dat die werk epies, liries en beskrywend van aard is, welke stylmiddels nie altyd voldoende geïntegreer is nie. Veral in die epiese gedeeltes is daar voortreflike werk en lewer die digter van sy beste digkuns tot op daardie stadium. Die geheel is egter gebrekkig weens die gebrek aan integrasie in die perspektief, baie stoplapverse en -woorde en gebrekkige tegniese konstruksie, veral in die aanwending van paarsgewys rymende viervoetige jambes, wat die rym onnodiglik sterk aksentueer en afbreuk doen aan die klank en betekenis van die geheel.Antonissen, Rob “Standpunte” No. 29, September 1953Antonissen, Rob “Kern en tooi” Nasou Beperk Eerste uitgawe Eerste druk Elsiesrivier 1963
Die mummie en ander verse toon groot verstegniese ontwikkeling en die gedigte is oor die algemeen korter en nugterder, gevul met ironie. Hoewel die tema van lewenspyn steeds oorheersend is, word dit ook nou gekenmerk deur meer fasette en aspekte. Die lydende mens word hier ’n spelende mens wat as maskerdraer of hanswors optree om die pyn te verbloem. Die bundel tref dan ook met sy bitter uitbeelding van die mens in sy glanslose bestaan. Die verheerliking van die platteland word ook nou agterweë gelaat in die besef dat die hede nie in die verlede terug gevind kan word nie.Antonissen, Rob “Spitsberaad” Nasou Beperk Elsiesrivier Eerste uitgawe Eerste druk 1966