Gregorius IX was die 178ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1227 tot 1241.

Biografie Pous Gregorius IX"Gregory IX." Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2008. is gebore as Ugolino di Conti (ook Ugolino dei Conti di Segni of Ugolino de Anagni) in Anagni, Italië tussen 1145The Catholic Encyclopedia en 1170.Biografisch-Bibliografisches Kirchenlexikon Hy word aangestel as kardinaal-diaken van St. Eustasius deur sy neef Pous Innocentius III in Desember 1198. In 1206 is hy bevorder tot kardinaal-biskop van Ostia en Velletri as opvolger van Octavianus. Hy was die tweede kardinaal beskermheer van die Orde van die Franciskane. In 1219 word hy dekaan van die Kollege van kardinale. Op 19 Maart 1227 volg hy Pous Honorius III op en regeer tot sy dood op 22 Augustus 1241. Hy word opgevolg deur Pous Celestinus IV. Die naam ‘Gregorius’ beteken 'wagter'.

Pontifikaat Pous Gregorius IXOtt, Michael. "Pope Gregory IX." The Catholic Encyclopedia. Vol. 6. New York: Robert Appleton Company, 1909. 18 Aug. 2008 <http://www.newadvent.org/cathen/06796a.htm>. het sy pontifikaat begin met die ekskommunikasie van keiser Frederik II.Abulafia, David (1992) Frederick II: a Medieval Emperor 1992. 480 pages. Oxford University Press, wat toe siek was in Otanto, op 29 September 1227 omdat hy steeds getalm het om op kruistog te gaan en nie sy verpligtinge as vasal van die pous nagekom het nie. Frederik het appèl aangeteken by die Europese vorste en wel na die Heilige Land vertrek waar hy met die Sarasene in skermutselings betrokke was. Hy was gou terug in Italië, waar die pous tydens sy afwesigheid probeer het om sy grondgebied aan te val. Frederik se aanval op die Pouslike Staat in 1228 was egter onsuksesvol en die keiser moes die pous om vergiffenis vra.

Die volk van Rome het teen die pous rebelleer en Gregorius het na Anagni gevlug, maar keer terug in Februarie 1230. Op 20 Julie 1230 word die verdrag van San Germano gesluit tussen die pous en die keiser. Toe Frederik II egter die Lombardiese Liga verslaan by Cortenuova op 27 November 1237, dreig hy om die hele Italië te onderwerp. Dit lei tot 'n nuwe ekskommunikasie op 12 Maart 1239 en 'n langdurige oorlog.

Pous Gregorius het Frederik tot ketter verklaar en 'n konsilie in Rome byeen geroep om die banvloek te bekragtig. Frederik het egter al die geestelikes wat na Rome op reis was, probeer vang en hulle skepe te laat sink. Die stryd het voortgeduur lank na Gregorius se dood op 22 Augustus 1241.

Pous Gregorius IX was 'n bekende juris. Hy het die kerkreg saamgevat in sy "Nova Compilatio decretalum" in 1234. Die eerste kopie is gedruk in Mainz in 1473 en dit was in gebruik tot 1917.

Gregorius het geglo dat kettery nie aan die biskoppe oorgelaat kan word nie omdat hulle ween lokale toestande dikwels laks was daar teenoor. In 1231 stig hy die Pouslike Inkwisisie onder leiding van die Dominikane Orde, maar stem nie saam met die gebruik van marteling om bekentenisse te bekom nie.

Hy het veertien kardinale aangestel, onder hulle was Sinibaldo de Fieschi (later Pous Innocentius IV) en Rinaldo Conti (later Pous Alexander IV).

Pous Gregorius IX het die Noordelike kruistog onderskryf en die Duitse Orde se pogings om Ortodoks Rusland te verower, veral die Pskov Republiek en die Novgorod Republiek. Die pous het die Lyflandse Broeders van die Swaard gevra om troepe na Finland te stuur om die Finne te help in hulle stryd met die Novgorod Republiek.

Heiligverklarings 16 Julie 1228 – Sint Franciskus van Assisi. 30 Mei 1232 – Sint Antonius van Padua. 10 Junie 1233 – Sint Virgillius, biskop van Salzburg. 8 Julie 1234 – Sint Dominicus de Guzman. 27 Mei 1236 – Sint Elisabeth van Hongarye (of van Thuringe).

Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. . Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .

Verwysings

Eksterne skakels

Nota Saamgestel en vertaal uit die :nl:Paus Gregorius IX, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Gregorius IX Kategorie:Inkwisisie Kategorie:Geboortes in die 12de eeu Kategorie:Sterftes in 1241