duimnael|regs|Godfrey Khotso Mokoena Godfrey Khotso Mokoena OIS (gebore 6 Maart 1985 in Heidelberg) is 'n Suid-Afrikaanse atleet wat spesialiseer in die verspring en driesprong.

Mokoena het Suid-Afrika se eerste medalje tydens die Olimpiese Somerspele 2008 ingepalm. Hy het 'n silwermedalje verower toe hy 'n afstand van 8,24 m gespring het tydens die verspringfinaal vir mans.

Biografie Jeug Godfrey Khotso Mokoena is gebore in 'n gesin van twee kinders. Na sokker en basketbal kom Godfrey op 13-jarige leeftyd met atletiek in aanraking. Op skool word sy talent deur 'n onderwyser en afrigter, Elna de Beer, opgemerk. Hy begin homself toespits op hoogspring en behaal hiermee in 2001 'n vyfde plek by die wêreldjeugkampioenskappe.

Mokoena studeer suksesvol af aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom waar hy ook verskeie vername atlete ontmoet.

Eerste suksesse Mokoena behaal sy eerste internasionale sukses in 2004 deur by die wêreldkampioenskap vir juniors in Lissabon 'n goue medalje in driekamp te wen. Met 'n beste poging van 16,77 m verslaan hy die Chinees Zhu Shujing (silwer; 16,64 m) en die Oekraïnse atleet Viktor Kuznetsov (brons; 16,58 m). Hy wen ook 'n silwer medalje in verspring tydens die kampioenskap. Later in die jaar verteenwoordig hy Suid-Afrika by die Olimpiese Somerspele 2004 in Athene, maar faal na die eerste rondte met 'n beste poging van 16,23 m.

Wêreldkampioenskappe en wêreldkampioen In 2005 haal Mokoena vir die eerste keer die eindronde op 'n wêreldkampioenskap. Tydens die verspringfinale van die kampioenskappe in Helsinki verower hy 'n sewende plek met 8,11 m. Twee jaar later by die 2007-wêreldkampioenskap in Osaka verbeter hy sy posisie en behaal 'n vyfde plek met 8,19 m.

Hy behaal sy eerste groot prestasie in 2008, op 23-jarige leeftyd, deur die wêreldtitel te verower in Valencia, Spanje. Met 'n sprong van 8,06 m troef hy die Brit Chris Tomlinson (silwer; 8,08 m) en die Saoediër Mohamed Salman Al Khuwalidi (brons; 8,01 m).

Tydens die wêreldkampioenskap van 2009 in Berlyn, Duitsland spring hy 8,49 m wat hom in die 2de plek (silwer medalje) plaas.

Prestasies JaarByeenkomsPlekUitslagItem2001WêreldjuniorkampioenskapDebrecen, Hongarye 5deHoogspring2003Alle-Afrika SpeleAbuja, Nigerië 3deVerspring 2deDriesprong2004WêreldjuniorkampioenskapGrosseto, Italië 2deVerspring 1steDriesprong2006WêreldbinnenshuisekampioenskappeMoskou, Sowjetunie 5deVerspringGemenebesspeleMelbourne, Australië 4deVerspring 2deDriesprongAfrikakampioenskappeBambous, Mauritius 2deVerspring 2deDriesprong2007Alle-AfrikakampioenskappeAlgiers, Algerië 3deVerspringWêreldkampioenskappeOsaka, Japan 5deVerspringWêreldatletiekfinaalStuttgart, Stuttgart 3deVerspring2008WêreldbinnenshuisekampioenskappeValencia, Spanje 1steVerspringOlimpiese Somerspele 2008Beijing, China 2deVerspring2009WêreldkampioenskappeBerlyn, Duitsland 2deVerspring

Persoonlike beste Verspring – 8.39 m (2006) – nasionale rekord. Driesprong – 17.25 m (2005) – nasionale rekord. Hoogspring – 2.10 m (2001)

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse atlete Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers