Fernando Alonso Díaz (gebore op 29 Julie 1981 in Oviedo) is 'n Spaanse Formule Eenrenjaer en 'n tweemalige wêreldrenkampioen. As 24-jarige wen hy sy eerste F1-titel in 2005 en word so die jongste persoon om 'n Grand Prix-seisoen te wen. Die rekord is in 2008 deur Lewis Hamilton en weer in 2010 deur Sebastian Vettel verbeter.

duimnael|links|300px|Fernando Alonso se eerste knortjor Vroeë loopbaan Alonso het vir verbasing gesorg oor die spoed waarmee hy daarin geslaag het om sy pad na die hoogste vlak van motorsport te vind. Alonso het reeds op driejarige ouderdom met knortjorre rondgerits. Hy het daarna in 1994–1997 knortjorwedrenne gewen in Spanje, en is in 1996 as die wêreldknortjorkampioen gekroon.

In 1999 het hy na enkelsitplekkers oorgeskakel en die Spaanse kampioen geword met ses oorwinnings in die Euro Ope MoviStar met Nissan.

Formule 3000 Die jaar daarop – in 2000 – neem hy deel aan die internasionale Formule 3000 kampioenskap vir die span van Astromega. Na 'n tweede plek op die Hungaroring wen hy twee weke later die wedren op Circuit de Spa-Francorchamps. Hy eindig die seisoen in die vierde plek.

Formule 1-loopbaan Hy het die wêreld van Formule Een in 2001 betree by die Minardispan, en verskuif na Renault as toetsbestuurder die volgende jaar.

Renault (2002–2006) Alonso is in die 2003-seisoen bevorder tot 'n gereelde renjaer in die Franse span, ten koste van Jenson Button. Op 22 Maart 2003 stel hy die vinnigste tyd op tydens die kwalifisering vir die Maleisiese Grand Prix. Hy is ook die jongste jaer in Formule 1-geskiedenis wat paaltjieposisie behaal het. Hy voltooi die wedren self in die derde plek, sy eerste podium. ’n Paar weke later behaal hy ’n tweede plek voor sy tuisskare in die 2003 Spaanse Grand Prix na Michael Schumacher. In Augustus wen hy die Hongaarse Grand Prix. Hy was toe die jongste jaer ooit om 'n Formule 1 Grand Prix te gewen. Hy eindig die seisoen in die sesde plek met 55 punte. In totaal staan hy vier keer op die podium.

Die 2005-seisoen begin goed vir Alonso. Hy eindig derde in Australië en wen die daaropvolgende drie GP's: Maleisiese Grand Prix, Bahreinse Grand Prix en San Marino Grand Prix. Veral in laasgenoemde beïndruk hy deur ’n sterk Michael Schumacher in die slotrondtes agter hom te hou. Hy slaag weer nie daarin om sy tuis-Grand Prix te wen nie en in Monaco eindig hy slegs vierde. By die Europese Grand Prix by die Nürburgring slaag hy egter daarin om ’n oorwinning te behaal ná ’n sterk herstel in die slotrondes nadat die voorloper Kimi Räikkönen in die laaste rondte op ’n skouspelagtige wyse van die baan gegaan het. Tydens die daaropvolgende Kanadese Grand Prix maak hy een van sy seldsame bestuursfoute. Hy tref die muur en moet tou opgooi. Sy groot mededinger in die stryd om die wêreldkampioenskap, Räikkönen, wen ook die wedren. Tog is hy steeds 22 punte voor Räikkönen in die wêreldkampioenskap-ranglys. Op 25 September 2005 het hy derde in die Brasiliaanse Grand Prix geëindig, genoeg om 'n onoorbrugbare gaping met Räikkönen in die Wêreldbeker te verklein. Op die ouderdom van 24 jaar en 58 dae word hy die jongste wêreldkampioen in Formule 1-geskiedenis, 'n rekord wat voorheen deur Emerson Fittipaldi gehou is.

McLaren (2007) Tydens die 2007-seisoen het Alonso vir die McLarenspan gejaag, maar is later terug na Renault vir twee seisoene in 2008–2009.

Ferrari (2010–2014) Sedert die 2010-seisoen is Alonso in die Ferrarispan opgeneem, om die Italiaanse span verder te versterk. Die salaris wat hy by Ferrari verdien het in die 2010-seisoen word geskat op 30 miljoen euro, en sedert die onttrekking van Kimi Räikkönen aan die einde van 2009, word Alonso die hoogsbesoldigde F1-bestuurder vir die 2010-seisoen. duimnael|regs|180px|Alonso in 2011 toe hy vir Ferrari deelgeneem het.

Op Sondag, 14 Maart 2010, het Fernando Alonso die openingsren van die Formule 1-seisoen in Bahrein gewen. Alonso spring uit die derde plek op die rooster weg, met die wegspring is hy reeds verby spanmaat Felipe Massa (wat tweede eindig) en tydens die wedren steek hy ook vir Sebastian Vettel verby, wat met tegniese probleme sukkel. Ongelukkig vir Alonso presteer Vettel so goed in die laaste wedren dat hy Alonso aan die einde van die kampioenskap verbysteek en kampioen word.

Op Sondag 10 Julie 2011, het Fernando Alonso Ferrari se enigste oorwinning by die Silverstone-baan verseker. Die seisoen is nie wat Alonso verwag het dit sou wees nie. Hy het die 2011-seisoen in die vierde plek afgesluit, 135 punte agter die wêreldkampioen Sebastian Vettel.

Die 2012-seisoen het beter verloop as die jaar tevore. Alonso was weer Ferrari se beste jaer en het daardie jaar drie oorwinnings behaal. Hy was lank die kampioenskapvoorloper en het op pad gelyk na ’n derde wêreldtitel, maar dit het weer na Vettel gegaan. Die laaste ren het alles bepaal, Vettel het sesde geëindig in daardie ren. Alonso, wat tweede in die wedren geëindig het, het die wêreldtitel met 3 punte verloor.

In 2014 het Alonso die voormalige wêreldkampioen Kimi Räikkönen as spanmaat gekry. Raikkonen is ingebring as 'n plaasvervanger vir Felipe Massa wat na Williams vertrek het. Dit was 'n moeilike seisoen vir Ferrari, waarin hy nie 'n enkele ren kon wen nie en Alonso net twee keer op die podium geëindig het. Aan die einde van die jaar is bevestig dat Alonso die span na vyf jaar sou verlaat. Ferrari bevestigt vertrek Fernando Alonso

Fernando Alonso is die enigste jaer wat Michael Schumacher kon troef op sy hoogtepunt as sesmalige wêreldkampioen.

Terugkeer na McLaren Op 11 Desember 2014 is aangekondig dat Alonso in 2015 na McLaren sou terugkeer, met Jenson Button as spanmaat. Officieel: Alonso en Button racen in 2015 voor McLaren McLaren het teruggekeer na die enjinverskaffer Honda, met wie hy in die laat 1980's en vroeë 1990's groot sukses behaal het. Weens 'n ongeluk tydens voorseisoense toetse was Alonso egter gedwing om die seisoen se opening in Australië mis te loop en is vervang deur Kevin Magnussen. Hy het van die tweede wedren in Maleisië teruggekeer. Die McLaren-Honda-kombinasie was nie sterk genoeg hierdie seisoen nie: beide Alonso en Button moes dikwels uittree weens enjinprobleme en die motor was nie vinnig genoeg om gereeld onder die top-10 te eindig nie. Alonso het in die sewentiende plek in die kampioenskap geëindig, met 'n vyfde plek by die Hongaarse Grand Prix as die hoogtepunt.

In 2016 het die McLaren ietwat verbeter, maar die span het steeds nie genoeg spoed gehad om met die top mee te ding nie. Ten spyte hiervan het Alonso daarin geslaag om gereelde top 10-eindpunte aan te teken, met twee vyfde plekke in Monaco en die Verenigde State as hoogtepunte. Aan die ander kant, in die seisoen se opening in Australië, het hy 'n groot ongeluk gehad waar hy agter in Esteban Gutiérrez se Haas vasgejaag en omgeslaan het. Vir die tweede ren in Bahrein is hy deur Stoffel Vandoorne vervang, maar hy het in die derde ren in China teruggekeer. In 'n swak motor het Alonso die seisoen in die tiende plek in die kampioenskap afgesluit.

In 2017 het Alonso 'n nuwe spanmaat in Vandoorne gekry, nadat Button aangekondig het om 'n sabbatsverlof te neem. Hierdie seisoen was die Honda-enjin weer minder betroubaar en Alonso het sewe keer in die eerste helfte van die seisoen uitgetree. In die Hongaarse Grand Prix het hy wel sesde geëindig en die vinnigste renrondte op die voorlaaste rondte opgestel. Ná die somervakansie het die McLaren minder probleme gehad en Alonso het drie punte in die laaste drie wedrenne van die seisoen aangeteken, wat hy nie voorheen in die drie vorige jare saam met McLaren behaal het nie. Hy het sewentien punte aangeteken en vyftiende in die kampioenskap geëindig.

Alonso sal in 2018 aanhou om by McLaren te ry, ondanks gerugte dat hy dalk die span gaan verlaat. Nadat hy na Renault-enjins oorgeskakel het, het hy die besluit geneem om te bly. Dit het gelyk of prestasie verbeter, Alonso was dadelik vyfde in die eerste Grand Prix in Australië en het verskeie top 10-uitslae aan die begin van die jaar behaal, maar soos die seisoen gevorder het McLaren verder en verder gedaal. Op 14 Augustus 2018 het Alonso uiteindelik aangekondig dat hy nie in 2019 vir die span in Formule 1 sal jaag nie. Alonso verlaat de Formule 1 na 2018

Alpine (2021–2022) Op 8 Julie 2020 is aangekondig dat Alonso in 2021 'n terugkeer na Formule 1 sal maak by die Renault-span. Die span het vanaf 2021 as Alpine F1-span voortgaan. https://www.grandprixradio.nl/2020/09/06/renault-gaat-volgend-seizoen-verder-als-alpine-f1-team/

Aston-Martin (2023 – ) Op 1 Augustus 2022 is aangekondig dat Alonso vanaf die 2023-seisoen vir Aston-Martin sal ry waar hy die afgetrede Sebastian Vettel sal vervang. Alonso het 'n meerjarige kontrak met die renspan gesluit. Fernando Alonso naar Aston Martin: Meerjarig contract getekend

Formule 1-uitslae

2001 – 2009 Jaar Span Onderstel Enjin12345678910111213141516171819 Plek Punte2001 Minardi Minardi PS01 Cosworth 3.0 V10 AUS12 MAL13 BRADNF SMRDNF SPA13 OOSDNF MONDNF KANDNF EUR14 FRADNF GBR16 DUI10 HONDNF BELDNS ITA13 VSADNF JPN11 23 02003 Renault Renault R23 Renault RS23 3.0 V10 AUS7 MAL3 BRA3 SMR6 SPA2 OOSDNF MON5 KAN5 EUR4 FRADNF GBRDNF DUI4 HON1 ITA8 VSADNF JPNDNF 6 552004 Renault Renault R24 Renault RS24 3.0 V10 AUS3 MAL7 BHR6 SMR4 SPA4 MONDNF EUR5 KANDNF VSADNF FRA2 GBR10 DUI3 HON3 BELDNF ITADNF CHN4 JPN5 BRA4 4 592005 Renault Renault R25 Renault RS25 3.0 V10 AUS3 MAL1 BHR1 SMR1 SPA2 MON4 EUR1 KANDNF VSADNS FRA1 GBR2 DUI1 HON11 TUR2 BEL2 ITA2 BRA3 JPN3 CHN1 1332006 Renault Renault R26 Renault RS26 2.4 V8 BHR1 MAL2 AUS1 SMR2 EUR2 SPA1 MON1 GBR1 KAN1 VSA5 FRA2 DUI5 HONDNF TUR2 ITADNF CHN2 JPN1 BRA2 1342007 McLaren McLaren MP4-22 Mercedes FO 108T 2.4 V8 AUS2 MAL1 BHR5 SPA3 MON1 KAN7 VST2 FRA7 GBR2 EUR1 HON4 TUR3 ITA1 BEL3 JPNDNF CHN2 BRA3 1092008 Renault Renault R28 Renault RS27 2.4 V8 AUS4 MAL8 BHR10 SPADNF TUR6 MON10 KANDNF FRA8 GBR6 DUI11 HON4 EURDNF BEL4 ITA4 SIN1 JPN1 CHN4 BRA2 5 612009RenaultRenault R29Renault RS27 2.4 V8 AUS5 MAL11 CHN9 BHR8 SPA5 MON7 TUR10 GBR14 DUI7 HONDNF EUR6 BELDNF ITA5 SIN3 JPN10 BRADNF ABU14 9 26 Jaar Span Onderstel Enjin12345678910111213141516171819 Plek Punte

2010 – 2018 Jaar Span Onderstel Enjin123456789101112131415161718192021 Pos Punte2010Ferrari MarlboroFerrari F10Ferrari 056 2.4 V8BHR1AUS4MAL13CHN4SPA2MON6TUR8KAN3EUR8GBR14DUI1HON2BELDNFITA1SIN1JPN3KOR1BRA3ABU7 2522011 Ferrari Ferrari 150° Italia Ferrari 056 2.4 V8AUS4MAL6CHN7TUR3SPA5MON2KANDNFEUR2GBR1DUI2HON3BEL4ITA3SIN4JPN2KOR5IND3ABU2BRA4 4 2572012 Ferrari Ferrari F2012 Ferrari 056 2.4 V8 AUS5 MAL1 CHN9 BHR7 SPA2 MON3 KAN5 EUR1 GBR2 DUI1 HON5 BELDNF ITA3 SIN3 JPNDNF KOR3 IND2 ABU2 VSA3 BRA2 2782013 Ferrari Ferrari F138 Ferrari 056 2.4 V8 AUS2 MALDNF CHN1 BHR8 SPA1 MON7 KAN2 GBR3 DUI4 HON5 BEL2 ITA2 SIN2 KOR6 JPN4 IND11 ABU5 VSA5 BRA3 2422014 Ferrari Ferrari F14 T Ferrari 059/3 1.6 V6 AUS4 MAL4 BHR9 CHN3 SPA6 MON4 KAN6 OOS5 GBR6 DUI5 HON2 BEL7 ITADNF SIN4 JPNDNF RUS6 VSA6 BRA6 ABU9 6 1612015McLaren F1-spanMcLaren MP4-30Renault RA615H V6 Turbo AUS MAL DNF CHN 12 BHR 11 SPA DNF MON DNF KAN DNF OOS DNF GBR 10 HON 5 BEL 13 ITA 18† SIN DNF JPN 11 RUS 11 VSA 11 MEX DNF BRA 15 ABU 17 17 11 2016 McLaren F1-span McLaren MP4-31 Renault RA616H V6 tAUSDNFBHRCHN12RUS6SPADNFMON5KAN11EURDNFOOS18GBR13HON7DUI12BEL7ITA14SIN7MAL7JPN16VSA5MEX13BRA10ABU10 10 54 2017 McLaren F1-span McLaren MCL32 Renault RA617H V6 tAUSDNFCHNDNFBHR14RUSDNSSPA12MONKAN16AZE9OOSDNFGBRDNFHON6BELDNFITA17SINDNFMAL11JPN11VSADNFMEX10BRA8ABU9 15 17 2018 McLaren F1-span McLaren MCL33 Renault R.E.18 V6 tAUS5BHR7CHN7AZE7SPA8MONDNFKANDNFFRA16OOS8GBR8DUI16HON8BELDNFITADNFSIN7RUS14JPN14VSTDNFMEXDNFBRA17ABU11 11 50 Jaar Inskrywer Onderstel Enjin 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 Plek Punte

2021 – hede