Nuwelandstadion is ’n stadion wat in Kaapstad, Suid-Afrika geleë is. Die stadion het ’n kapasiteit van 51 900 mense en bied sitplekke en losies.

duimnael|links|’n Super 14-wedstryd op Nuweland duimnael|links|Springbokondersteuners in Nuwelandstadion Verskeie sportklubs het oor die jare die stadion as hulle tuisveld gebruik, die mees onlangse is: Die Stormers (Superrugby). Die Westelike Provinsie (Curriebeker-rugbykompetisie).

Nuwelandstadion was tot die einde van die 2004/05 seisoen ook die tuisveld van die Ajax Kaapstad-sokkerspan tydens die Premier Sokkerliga. Ajax speel nou by die Athlone-stadion.

Wedstryde Rugbywêreldbeker 1995

DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers25 Mei 199527–18Groep A51 00030 Mei 199521–8Groep A45 00011 Junie 199525–22Kwarteindstryd35 44818 Junie 199529–45Halfeindstryd51 000

Toekoms

Daar is bespiegel dat WP-rugby Nuweland sou verkoop, en dat die Stormers en die Westelike Provinsie hul tuiswedstryde by die nuutgeboude Kaapstad-stadion sou speel. Die Westelike Provinsie Rugbyunie het egter vroeër besluit dat hulle nie die nuwer stadion sal gebruik nie, maar eerder op Nuweland wil aanbly.

Dit het in 2020 verander toe daar bevestig is dat die stadion aan 'n belegger via 'n verseelde koevert bie-proses verkoop en in 2022 gesloop sal word vir residensiële en kleinhandelontwikkelings wat gebou gaan word.

Sien ook Lys van stadions in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels

Webwerf van die DHL Westelike Provinsie Rugby Webwerf van die DHL Stormers Webwerf van die Ajax Kaapstad sokkerklub

Kategorie:Geboue en strukture in Kaapstad Kategorie:Rugbystadions in Suid-Afrika Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sport in Kaapstad