Graaf van Toulouse was 'n oorerflike titel van die heersers van die Graafskap Toulouse wat bestaan het uit die stad Toulouse en die omliggende landelike gebied. Die eerste comites (Grawe) van Toulouse was administrateurs onder die Merowingers. Geen opeenvolging van is bekend en slegs die name van 'n paar het behoue gebly. Onder die Karolingers het die aanstelling (van beide Grawe en duces, Hertoë) meer gereeld en meer bekend geword. Die amp het egter spoedig uit die koninklike kring beweeg en oorerflik geword.

Die oorerflike Grawe van Toulouse het die Graafskap van die laat 9de eeu tot 1270 regeer. Die grawe en ander familie lede was ook op verskeie stadiums Grawe van Quercy, Rouergue, Albi, en Nîmes, en Markgrawe van Gotië en Provence. Raymond IV het die Kruisvaderstaat Graafskap Tripoli, gestig en sy nasate was Grawe in die afgeleë graafskap.

Karolingers 790-806 : Willem I de Vrome 806-816 : Bego, seun van Gerard van Parys, skoonseun van Lodewyk die Vrome 816-844 : Bernard van Septimanië, seun van Willem van Gellone

Huis Rouergue 844-851 : Fredelo, seun van Fulgaud, graaf van Rouergue en van Senegonde, (vermoedelik 'n kleinseun van Willem van Gellone) 852-865 : Raymond I, broer 863-877 : Bernard het Kalf, seun 877-918 : Oddo, broer 918-924 : Raymond II, seun 924-942 : Raymond III Pons, seun 942-961 : Raymond (IV), seun 961-978 : Raymond (V), seun 978-1037 : Willem III Taillefer, seun 1037-1060 : Pons, seun 1060-1088 : Willem IV, seun 1088-1105 : Raymond IV, van Sint-Gillis, broer 1105-1109 : Bertrand, seun 1109-1110 : Alfons Jordaan, halfbroer 1110-1120 : Willem IX van Akwitanië, schoonzoon van Willem IV 1120-1148 : Alfons Jordaan (opnuut) 1148-1194 : Raymond V, seun 1194-1222 : Raymond VI, seun 1215-1218 : Simon IV van Montfort 1222-1249 : Raymond VII, seun van Raymond VI 1249-1271 : Joanna, dogter

Huis Frankryk 1249-1271 : Alfonso van Poitiers.

Nie-erflike graaf 1681-1737 : Lodewyk Alexander van Bourbon, natuurlike seun van Lodewyk XIV van Frankryk.

Kyk ook Grawe van Rouergue

Kategorie:Geskiedenis van Frankryk Kategorie:Grawe Kategorie:Toulouse