Mynie Grové is 'n Suid-Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer. Sy het bekendheid verwerf met liedjies soos Ek Verlang Nog Altyd (saam met Jan Grové) en kinderliedjies soos Pinocchio en Tien klein Paddatjies. 'n Voorbeeld van 'n bekende liedjie wat sy gekomponeer het is Sweef soos 'n Arend (vir Bles Bridges). Een van haar grootste treffers was 'n vertolking van die liedjie Caravan Song.https://www.youtube.com/watch?v=qqzQeibyEzw&ab_channel=MynieGrov%C3%A9 Sy het Suid-Afrika ook op verskeie internasionale musiekfeeste in Suid-Amerika, Pole en Portugal verteenwoordig.
Tydens KykNET se 2006-Idols reeks het Mynie saam met Taliep Petersen en Deon Maas as beoordelaar opgetree.
Albums Van Mynie Grové se plate en albums: A Portrait Of Mynie Grové (MORCD581, 1997) Liedjies Vir Kleuters Ek Verlang Nog Altyd (saam met Jan Grové) Pinocchio (1979, EMI)
Sien ook Afrikaanse musiek Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars
Verwysings
Eksterne skakels Haydee Morgan praat met Mynie Grové oor haar loopbaanop (Litnet)
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici