duimnael|Michael Phelps tydens die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro duimnael|Michael Phelps as die Verenigde State se vlagdraer tydens die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro

Michael Fred Phelps II (Baltimore, 30 Junie 1985) is 'n Amerikaanse swemmer. Hy het in sy loopbaan altesaam 23 goue Olimpiese medaljes ingepalm, meer as enige ander atleet in die geskiedenis van die moderne Spele.

Somerspele van 2004 Phelps het tydens die Olimpiese Somerspele van 2004 agt medaljes verower. Ses hiervan was goue medaljes.

Somerspele van 2008 Tydens die Olimpiese Somerspele van 2008 het hy nog agt goue medaljes gewen. Dit besorg aan hom die rekord vir die meeste goue medaljes tydens 'n enkele Olimpiese Spele gewen - 'n totaal van agt, een meer as Mark Spitz, die vorige rekordhouer. Phelps verbetert record Spitz , NU.nl, 17 Augustus 2008

Somerspele van 2012 Phelps het tydens die Olimpiese Somerspele van 2012 ses medaljes verower. Vier hiervan was goue medaljes.

Somerspele van 2016 Phelps het tydens die Olimpiese Somerspele van 2016 vyf goue medaljes gewen. Tydens die openingseremonie het hy as draer van die Amerikaanse vlag opgetree.

Verwysings

Eksterne skakels

Michael Phelps se amptelike webwerf

Kategorie:Amerikaanse sportlui Kategorie:Swemmers Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese swemmers