Ian Roberts (gebore 30 November 1951) is 'n Suid-Afrikaanse akteur, toneelskrywer en sanger. Sy moedertaal is Engels, maar hy praat vlot Afrikaans en ook Xhosa.
Vroeë lewe Roberts is in Fort Beaufort in die Oos-Kaapprovinsie gebore en het op sy gesin se sitrusplaas naby die dorp grootgeword. Hy het St. Andrew's Voorbereidingskool en St. Andrew's College in Grahamstad bygewoon. Na voltooiing van hoërskool het hy sy verpligte nasionale diensplig in die Suid-Afrikaanse Weermag verrig, wat hy in 1971 voltooi het.
Na 'n verskeidenheid van verskillende werke en 'n kursus in fotografie by die Port Elizabeth Tegniese Kollege van 1973 tot 1975, het Roberts in 1976 by Rhodes-universiteit ingeskryf vir 'n Baccalaureus Artium-graad met spraak, drama en sosiale antropologie as hoofvakke.
Loopbaan Roberts het die hoofrol in Afrikaanse televisiereekse soos Sloet Steenkamp in Arende en Jack Degenaar in Arsenaal gespeel. Hy het ook 'n aantal draaiboeke, soos Honeytown 1 en die musiekblyspele Palang van Dwaal geskryf.
Roberts het 'n Suid-Afrikaanse ikoon geword toe hy die karakter van Boet in 'n langlopende reeks televisie-advertensies vir Castrol-motorolie vertolk het. Hierdie karakter (saam met die ander karakters Swaer en Moegoe) was ook in M-Net se komediereeks Kalahari Oasis. Dit word ook gebruik in sy Radio Kalahari Orkes.
In die Oscar-bekroonde Suid-Afrikaanse rolprent, Tsotsi, het Roberts die rol van 'n polisiekaptein vertolk.
Hy was getroud met die Suid-Afrikaanse aktrise Michelle Botes, maar die egpaar is in 1999 geskei. Hulle het twee kinders gehad, en Roberts het onlangs op gevorderde lewe vader van 'n tweeling by sy nuwe lewensmaat geword.
Hy was ook 'n aantal jare betrokke as leier van die Radio Kalahari Orkes, wat landswyd getoer het.
Filmografie Nie-volledige lys van Roberts se filmoptredes: Jaar Titel Rol Ander notas 1983 Verspeelde lente Hermaans Cronjé TV-reeks 1985 Boetie op manoeuvres korp. White Afrikaanse rolprent 1985 Nag van Vrees Steve Afrikaanse rolprent 1987 Jane and the Lost City Carl 1989 A Private Life Sersant Smit Televisiefilm 1992 The Power of One Hoppie Gruenewald 1993 Triptiek - Televisiereeks 1993 Daisy de Melker Sid de Melker Televisiefilm 1995 Cry, the Beloved Country Evans 1996 Rhodes Colenbrander Televisie minireeks 1997 Mandela and De Klerk Kobie Coetsee Televisiefilm 1998 Paljas Frans Afrikaanse rolprent 1998 Tarzan and the Lost City Captain Dooley 1998 Sweepers Yager 1999 A Reasonable Man Chris Van Rooyen 2000 I Dreamed of Africa Mike Donovan 2001 Malunde Kobus 2001 Askari Ripshaw 2002 Promised Land Gerhard Snyman 2003 Hoodlum & Son Earl 2004 King Solomon's Mines Sir Henry Televisiefilm 2004 Red Dust Piet Muller 2005 Wah-Wah John Traherne 2005 Tsotsi Kaptein Smit 2005 3 Needles Hallyday 2006 Number 10 Marius Kramer 2008 Bakgat Afrikaanse rolprent 2013 Musiek vir die Agtergrond Afrikaanse rolprent 2013 Babalas Afrikaanse rolprent
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1951 Kategorie:Lewende mense