Taliep Petersen (15 April 1950 - 16 Desember 2006) was 'n Suid-Afrikaanse sanger, komponis en regisseur van 'n aantal populêre musiekblyspele. Hy het onder andere met David Kramer gewerk, saam met wie hy 'n Olivier-toekenning ontvang het.
Dood Petersen, 'n praktiserende Moslem, was twee keer getroud en het ses kinders gehad. Hy is op 16 Desember 2006 by sy huis doodgeskiet. In 'n huldeblyk het Ebrahim Rasool, premier van die Wes-Kaap, lof toegeswaai vir Petersen se vermoë om "ons hele geskiedenis vas te lê, ons diepste pyn uit te druk, ons vreugde te verwoord en ons menswees deur musiek en drama te demonstreer".
Op 18 Junie 2007 is sy vrou, Najwa Petersen, in die familiehuis in hegtenis geneem in verband met die moord. Sy is saam met drie mans aangekla van "beplande moord met voorbedagte rade". Najwa Petersen is op 2 Desember 2008 in die Kaapse Hooggeregshof skuldig bevind, saam met die twee mans Abdoer Emjedi en Waheed Hassen. Al drie is skuldig bevind aan moord en aan roof met verswarende omstandighede. Regter Siraj Desai het Najwa Petersen tot 28 jaar tronkstraf gevonnis.
Verwysings
Eksterne skakels District Six: The Musical Obituary: Taliep Petersen, The Guardian, Januarie 8, 2007. Taliep Petersen - His music lives on, SA Times, Januarie 11, 2007.
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Suid-Afrikaanse komponiste Kategorie:Geboortes in 1950 Kategorie:Sterftes in 2006 Kategorie:Suid-Afrikaanse regisseurs