Jeroen Dijsselbloem (gebore op 29 Maart 1966 in Eindhoven) is 'n Nederlandse politikus van die PvdA-party.

Dijsselbloem het landbou-ekonomie aan die Wageningse Universiteit studeer.

Hy was 'n lid van die Tweede Kamer van die Stategeneraal en minister van Finansies in die Rutte II-kabinet (2012-2017) gewees. Van 2013 tot 2018 was hy ook die voorsitter van die Eurogroep gewees. Daarna was hy van 2019 tot 2022 die voorsitter van die Nederlandse Navorsingsraad vir Veiligheid (OVV) gewees.

Sedert September 2022 is hy die burgemeester van die stad Eindhoven.

Bronne Ir. J.R.V.A. (Jeroen) Dijsselbloem, Parlement.com Jeroen Dijsselbloem, Rijksoverheid

Eksterne skakels Jeroen Dijsselbloem, Eindhoven-munisipaliteit

Kategorie:Geboortes in 1966 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Tweede Kamer van die Stategeneraal Kategorie:Nederlandse burgemeesters Kategorie:Nederlandse ministers Kategorie:Ministers van Finansies Kategorie:Eindhoven