Die harpye was in die Griekse mitologie halfmenslike wesens met die lyf van 'n voël wat die stormwinde verpersoonlik het. Hulle kom veral voor in Homeros se gedigte.Homer, Odusseus 20.66 & 77
Beskrywing Harpye word gewoonlik uitgebeeld as 'n voël met die kop van 'n vrou. Hulle gesigte is bleek van honger en hulle het lang kloue. Romeinse en Bisantynse skrywers het klem gelê op hoe lelik hulle was.Vergilius, Eneïde 3.216; Tzetzes ad Lycophron, Alexandra 653; Ovidius, Metamorfoses 7.4 Op potte is hulle uitgebeeld as vroue met vlerke. Ovidius het hulle beskryf as mens-aasvoëls.Ovidius, Metamorfoses 7.4
Verwysings
Skakels
Kategorie:Griekse mitologie