thumb|286px|Kanto I uit die Inferno, die eerste deel van die Goddelike Komedie deur Dante Alighieri.

Inferno (Italiaans vir "hel") is die eerste deel van die Italiaanse skrywer Dante Alighieri se 14de-eeuse epiese gedig Goddelike Komedie. Dit word gevolg deur Purgatorio en Paradiso. Die Inferno beskryf Dante se reis deur die hel, begelei deur die Romeinse digter Vergilius. In die gedig word die hel uitgebeeld in nege konsentriese sirkels van foltering wat in die aarde geleë is; dit is die "ryk ... van diegene wat spirituele waardes verwerp het deur hulle oor te gee aan dierlike aptyte of geweld, of wat hulle menslike intellek bederf het met bedrog of kwaadwilligheid teenoor hulle medemens".John Ciardi, The Divine Comedy, Inleiding deur Archibald T. MacAllister, p. 14 As 'n allegorie verteenwoordig die Goddelike Komedie die reis van die siel na God, met die Inferno wat die erkenning en verwerping van sonde beskryf.Dorothy L. Sayers, Hell, notas, p. 19. Die woord "komedie" beteken hier 'n gedig met 'n gelukkige einde, en moenie verstaan word in die moderne sin van 'n komedie nie.

Voorspel tot die hel Kanto I thumb|240px|Gustave Doré se graveerwerk illustreer die Goddelike Komedie (1861-'68). Hier verdwaal Dante aan die begin van Kanto I van die Inferno. 240px|thumb|Gustave Doré se illustrasie van Kanto III: Aankoms van Charon.

Die gedig begin die nag van Wit-Donderdag op 7 April 1300, kort voor die aanbreek van Goeie Vrydag.Hollander, Robert (2000). Note on Inferno I.11. In Robert and Jean Hollander, trans., The Inferno by Dante. New York: Random House. p. 14. Allen Mandelbaum, Inferno, aantekeninge oor Kanto I, p. 345 Die verteller, Dante self, is 35 jaar oud en dus "halfpad op die reis van ons lewe" (Nel mezzo del cammin di nostra vita) – die helfte van die Bybelse lewensduur van 70 jaar (Psalm 90:10 in die Afrikaanse vertalings). Die digter verdwaal in 'n donker woud (selva oscura), weg van die reguit pad (diritta via) of smal weg van redding. Hy wil 'n klein berg uitklim, maar drie diere versper sy pad: 'n lonza (gewoonlik vertaal as luiperd), – defines lonza as the result of an unnatural pairing between a leopard and a lioness in Andrea da Barberino Guerrino meschino. 'n leone (leeu) en 'n lupa (wyfiewolf). Die drie diere, wat uit Jeremia 5:6 kom, simboliseer vermoedelik die drie soorte sonde wat die onboetvaardige siel tot in een van die drie hoofafdelings van die hel bring. Volgens John Ciardi is dit onbeheerstheid (die wyfiewolf), geweld (die leeu) en kwaadwilligheid (die luiperd).John Ciardi, Inferno, aantekeninge oor Kanto I, p. 21 Volgens Dorothy L. Sayers verteenwoordig die luiperd onbeheerstheid en die wyfiewolf kwaadwilligheid.Dorothy L. Sayers, Hell, aantekeninge oor Kanto I.

Dit is nou dagbreek op Goeie Vrydag, met die son wat in die Ram opkom. Die diere verdryf Dante na 'n donker "laer plek" (basso loco), waar die son stil is (l sol tace). Dante word egter gered deur 'n figuur wat sê hy is sub Iulio gebore (dus in die tyd van Julius Caesar) en het onder Augustus gelewe: Dit is die siel van die Romeinse digter Vergilius, die skrywer van die Eneïde, 'n Latynse epiese gedig.

Kanto II Vergilius verduidelik aan Dante dat hy deur Beatrice, die simbool van goddelike liefde, gestuur is. Beatrice is oorreed om Dante te help deur die Maagd Maria (simbolies van medelye) en sint Lucia (simbolies van genade). Ragel, simbolies van die peinsende lewe, verskyn ook in die hemelse toneel wat deur Dante beskryf word. Die twee mans begin dan hulle reis na die onderwêreld.

Kanto III: Voorhof van die hel Dante loop deur die poort van die hel met die opskrif "Los enige hoop, jy wat binnekom" (Lasciate ogne speranza, voi ch'intrate). Dante en sy gids hoor die beangste gille van die onverbondenes. Dit is die siele van mense wat in die lewe geen kant gekies het nie; die opportuniste wat nie goed of kwaad gekies het nie, maar hulle net oor hulleself bekommer het. Onder hulle herken Dante 'n figuur wat vir die "groot weiering" verantwoordelik was, wat pous Celestinus V impliseer wie se "lafhartigheid (uit 'n selfsugtige vrees vir sy eie welstand) gedien het as die deur waardeur so baie boosheid die Kerk binnegekom het".John Ciardi, Inferno, aantekeninge oor Kanto III, p. 36

Saam met dié mense is die uitgeworpenes wat nie kant gekies het in die "Oorlog van die Engele" nie. Dié siele is vir altyd ongeklassifiseerd; hulle is nie in of buite die hel nie, maar bly aan die oewers van die rivier Ageron. Hulle hardloop nakend in die mis rond in 'n ewige soeke na 'n ontwykende banier (wat simbolies is van hulle soeke na ewig veranderende eiegewin). Hulle word deur perdebye gejaag wat hulle sonder ophou steek.Dorothly L. Sayers, Hell, aantekeninge oor Kanto III Walglike maaiers en wurms aan die sondaars se voete drink die stinkende mengsel van bloed, etter en trane wat teen hulle liggaam afrol. Dit simboliseer die steek van hulle skuldige gewete en die afsku van sonde. Dit kan ook beskou word as 'n weerspieëling van die spirituele stagnasie waarin hulle gelewe het.

Nadat hulle deur die voorhof beweeg het, bereik Dante en Vergilius die veerboot oor die rivier Ageron na die eintlike hel. Aan die stuur van die veerboot is Charon, wat Dante nie wil binnelaat nie omdat hy nog lewe. Vergilius dwing hom egter om Dante oor die rivier te neem deur vir hom te sê Dante is om goddelike redes op sy reis. Die gehuil en godslastering van die veroordeelde siele wat Charon se boot binnekom, kontrasteer met die vreugdevolle gesing van die geseënde siele wat per veerboot in die Purgatorio (vaevuur) aankom. Die vaart oor die Ageron word egter nie beskryf nie, omdat Dante flou word en eers aan die ander kant wakker word.

Nege sirkels van die hel Oorsig Vergilius lei Dante deur die nege sirkels van die hel. Die sirkels is konsentries en verteenwoordig 'n geleidelike toename in boosheid. Die sirkels kulmineer in die middel van die aarde, waar Satan gevange gehou word. Die sondaars van elke sirkel word vir ewig gestraf op 'n manier wat by hulle misdade pas: Elke straf is 'n contrapasso, 'n simboliese voorbeeld van digterlike geregtigheid. Dante en Vergilius loop byvoorbeeld later in die gedig waarsêers raak wat vorentoe moet loop terwyl hulle koppe agtertoe wys. Hulle kan nie sien wat voor hulle aangaan nie, want hulle het in die lewe op ongeoorloofde maniere probeer om die toekoms te voorspel. So 'n contrapasso "dien nie net as 'n vorm van goddelike wraak nie, maar eerder as die vervulling van 'n bestemming wat elke siel vrylik in sy of haar lewe gekies het". Mense wat gesondig het maar voor hulle dood om vergifnis gevra het, is nie in die hel nie, maar in die vaevuur, waar hulle werk om verlos te word van hulle sonde. Dié in die hel is mense wat hulle sonde probeer regverdig en onboetvaardig is.

thumb|300px|links|'n Kaart van Dante se Inferno, deur Sandro Botticelli. Dante se hel is gestruktureer op die idees van Aristoteles, maar met "sekere Christelike simbolismes, uitsonderings en misvattings van Aristoteles se teks",John Ciardi, Inferno, aantekeninge oor Kanto XI, p. 94 en 'n verdere aanvulling van Cicero se De Officiis.D. Sayers, Hell (Penguin 1975) p. 314 en p. 139 Vergilius herinner Dante (die karakter) aan die drie groot sondes: onbeheerstheid, onsedelikheid en kwaadwilligheid.D. Sayers, Hell (Penguin 1975) p. 136 (XI.80-82) Cicero het op sy beurt sonde verdeel in geweld en bedrog.D. Sayers, Hell (Penguin 1975) p. 139 Deur Cicero se geweld met Aristoteles se dierlikheid saam te smelt, en sy bedrog met kwaadwilligheid of onsedelikheid, het Dante die digter drie hoofkategorieë van sonde geskep, soos gesimboliseer deur die drie diere wat hy in Kanto I teenkom: onbeheerstheid, geweld en kwaadwilligheid.Dorothy L. Sayers, Hell, aantekeninge oor Kanto XI, p. 139

Sondaars wat vir onbeheerstheid gestraf word – die wellustiges, gulsiges, opgaarders en wraaksugtiges – demonstreer almal 'n swakheid in die beheersing van hulle aptyte, begeertes en natuurlike drange. Dié sondaars word in vier sirkels van die boonste hel (sirkels 2-5) aangetref. Hulle foltering is ligter as dié in die onderste hel, wat tussen die mure van die stad Dis geleë is en daar is vir die pleeg van gewelds- en bedrogmisdade. Die dieper vlakke is georganiseer in een sirkel vir geweld (sirkel 7) en twee vir bedrog/verraad (sirkels 8 en 9). As 'n Christen voeg Dante sirkel 1 (die voorhel) by die boonste hel en sirkel 6 (kettery) by die onderste hel, en dit maak altesaam nege sirkels. Saam met die voorhof is daar dus 10 hoofafdelings van die hel. Die struktuur "9+1=10" word ook in die Purgatorio en Paradiso aangetref. Die onderste hel word verder opgedeel: Sirkel 7 (geweld) word in drie ringe verdeel, sirkel 8 (bedrog) in 10 bolge en sirkel 9 (verraad) in vier streke of rondtes. Die hel bestaan dus uit altesaam 24 afdelings.

Eerste sirkel (voorhel) thumb|240px|Die Redding uit die Hel, in 'n 14de-eeuse versierde manuskrip, die Petites Heures de Jean de Berry.

Kanto IV

Dante word wakker en vind uit hy het die Ageron oorgesteek, en Vergilius lei hom die eerste sirkel van die hel, die voorhel, binne waar Vergilius self bly. Die eerste sirkel huisves die ongedooptes en deugsame heidene wat nie Christus aanvaar het nie, hoewel hulle nie sondig genoeg is om verdoemenis te regverdig nie. Dorothy L. Sayers skryf: "Ná dié wat keuses geweier het, kom dié wat nie 'n keuse gehad het nie. Hulle kon nie Christus kies nie, maar het eerder menslike deugsaamheid gekies, en daarvoor word hulle beloon."Dorothy L. Sayers, Hell, aantekeninge oor Kanto IV Die voorhel deel baie eienskappe met die Affodilland, en dus word die verdoemdes sonder skuld gestraf deur in 'n onvolwaardige vorm van die hemel te bly. Toe Dante vra of enigiemand al die voorhel verlaat het, antwoord Vergilius hy het gesien hoe Jesus die voorhel binnegegaan en Adam, Abel, Noag, Moses, Abraham, Dawid, Ragel en ander in sy allesvergewende arms neem en na die hemel vervoer as die eerste menslike siele wat gered is. Dié redding uit die hel het na bewering omstreeks 33 of 34 n.C. gebeur.

Dante loop die digters Homeros, Horatius, Ovidius en Lucanus raak wat hom in hulle midde insluit en hom die "sesde een in daardie hoë geselskap" maak.Inferno, Canto IV, line 103, Ciardi translation. Hulle kom by die basis van 'n groot kasteel – die woonplek van die slimste manne van die oudheid – wat deur sewe poorte en 'n vloeiende spruit omring word. Nadat hulle deur die sewe poorte geloop het, kom die groep by 'n eksotiese groen vallei en Dante loop die inwoners van die kasteel raak. Dit sluit figure in wat met die Trojane en hulle afstammelinge (die Romeine) verbind word: Elektra (die moeder van Troje se stigter, Dardanus), Hektor, Eneas, Julius Caesar in sy rol as Romeinse generaal, Kamilla, Pentesileia (koningin van die Amasones), Lucius Junius Brutus (wat die Romeinse Republiek gestig het), Lucretia, Julia (dogter van Caesar) en Saladin, 'n Moslemse militêre leier wat bekend is vir sy geveg teen die Kruisvaarders.

Dante loop volgende 'n groep filosowe raak, insluitende Aristoteles, Sokrates en Plato. Hy sien die mitiese Griekse digters Orfeus en Linus, en die Romeinse staatsmanne Marcus Tullius Cicero en Seneca. Hy sien die Griekse wiskundige Euklides en die Aleksandrynse sterrekundige Ptolemeus, sowel as die geneeshere Hippokrates en Galenus. Dante en Vergilius verlaat die ander vier digters en sit hulle reis voort.

Tweede sirkel (wellus) thumb|links|240px|Gustave Doré se uitbeelding van Minos wat sondaars veroordeel aan die begin van Kanto V.

Kanto V