Chris Hipkins (gebore 5 September 1978 in Wellington) is 'n Nieu-Seelandse politikus wat sedert November 2023 as die leier van die opposisie in die Nieu-Seelandse parlement dien. Hy het in Januarie 2023 vir Jacinda Ardern as leier van die Nieu-Seelandse Arbeidersparty en Eerste minister van Nieu-Seeland opgevolg. Hipkins se Arbeidersparty het die 2023 parlementêre verkiesing verloor en hy is deur Christopher Luxon van die Nasionale Party in November 2023 as Eerste minister opgevolg. Biografie Hipkins is op 5 September 1978 in Hutt Valley gebore. Hy was hoofseun van Hutt Valley Memorial College (vandag bekend as Petone College) in 1996. Na hoërskool het hy by die Victoria Universiteit van Wellington begin studeer. Hy was tussen 2001 en 2002 die studente president. Hipkins het later 'n graad in politieke wetenskap en kriminologie aan die universiteit behaal. Politieke loopbaan In die 2008 algemene verkiesing is Hipkins tot die parlement as die LP vir die Rimutaka-kiesafdeling verkies. Hy is in 2011 en 2014 onderskeidelik herverkies. Minister in die Kabinet Na sy herverkiesing in die 2017 parlementêre verkiesing, het Arbeiderspartyleier Jacinda Ardern 'n koalisieregering gevorm en is as Eerste minister van Nieu-Seeland aangewys. Ardern het vir hom as die leier van die huis van verteenwoordigers, minister van onderwys en minister vir die staatsdiens aangewys.https://www.dpmc.govt.nz/sites/default/files/2017-10/ministerial-list-26-oct-2017.pdf In Julie 2020 het hy die gesondheidsportefeulje tydelik oorgeneem na David Clark se bedanking.

Na die 2020 parlementêre verkiesing het hy al sy ministeriële portefeuljes behou en is ook as minister vir die regering se Covid-19-reaksie aangewys. Chris Hipkins faces a tough road as New Zealand's prime minister. URL besoek op 17 Desember 2023. Hipkins het in Julie 2022 vir Poto Williams as minister van polisie opgevolg.Cabinet reshuffle: Hipkins replaces Poto Williams as Police Minister. URL besoek op 17 Desember 2023. Aanstelling as eerste minister In Januarie 2023 het Jacinda Ardern haar uittrede uit die politiek aangekondig. Hipkins is onbestrede as leier van die Arbeidersparty verkies en het op 25 Januarie 2023 vir Ardern as Nieu-Seelandse eerste minister opgevolg.New Zealand's Chris Hipkins Sworn In as Prime Minister. Besoek op 17 Desember 2023.

Hipkins se Arbeidersparty het die algemene verkiesing in Oktober 2023 verloor en hy is op 27 November 2023 deur Christopher Luxon van die Nasionale Party as Eerste minister opgevolg.LUXON SWORN IN AS NEW PRIME MINISTER OF NEW ZEALAND. Besoek op 17 Desember 2023.

Verwysings

Eksterne skakels Rt Hon Chris Hipkins, New Zealand Parliament

Kategorie:Eerste Ministers van Nieu-Seeland Kategorie:Geboortes in 1978 Kategorie:Lewende mense