duimnael|Natalie du Toit (middel), saam met die Australiese swemmers Annabelle Williams en Ellie Cole, nadat hulle tydens die Paralimpiese Somerspele 2008 in Beijing medaljes gewen het

Natalie du Toit OIG OIS (gebore op 29 Januarie 1984 in Kaapstad) is 'n bekende Suid-Afrikaanse swemmer.

2004 Paralimpiese Spele Sy het vyf goue medaljes tydens die Paralimpiese Somerspele van 2004 verower.

2008 Olimpiese- en Paralimpiese Spele Du Toit het gekwalifiseer om aan die Olimpiese Somerspele 2008 deel te neem saam met "normale" atlete. Daarby word sy die eerste vroulike geamputeerde atleet wat vir die Olimpiese Spele kwalifiseer."Dreams carry Natalie Du Toit to Beijing" , The Telegraph, 4 Mei 2008"Du Toit, who lost leg in scooter accident, will swim in Beijing Games", Reuters, 3 Mei 2008 Tydens die Spele behaal sy 'n 16de plek (uit 25 swemmers) met 'n tyd van 2 uur 49,9 sekondes in die 10 km swemmaraton. Haar tyd was slegs 1:22,2 minute stadiger as dié van die wenner, die 19-jarige Rus, Larisa Ilchenko.

Sy het ook die voorreg gehad om die Suid-Afrikaanse vlag in die Beijing Nasionale Stadion tydens beide die openingseremonies van die 2008 Olimpiese en Paralimpiese Spele in te dra. Sy was die eerste atleet in die geskiedenis van die moderne Spele wat die eer te beurt geval het.

Op die eerste dag van die Paralimpiese Spele het sy reeds haar eerste goue medalje in die 100 m vlinderslag ingepalm.

2012 Paralimpiese Spele Du Toit wen Suid-Afrika se eerste goue medalje in die 100 m-vlinderslag (S9) met 'n tyd van 1:09,30.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1984 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese swemmers Kategorie:Suid-Afrikaanse swemmers Kategorie:Suid-Afrikaanse sportvroue