duimnael|Vlag van die Paralimpiese Spele sedert 2019

Paralimpiese Spele is die Olimpiese Spele vir atlete met liggaamlike gestremdhede, uitgesluit dowe en verstandelik gestremde persone. Vir dowes word die Dooflimpiese Spele georganiseer en die Spesiale Olimpiade word vir verstandelik gestremde persone georganiseer.

Geskiedenis duimnael|links|Portret van Ludwig Guttman op 'n Russiese posseël in 2013 duimnael|Vlag van die Paralimpiese Spele 2010–2019 duimnael|Vlag van die Paralimpiese Spele 2004–2010 duimnael|Vlag van die Paralimpiese Spele 1994–2004 duimnael|Vlag van die Paralimpiese Spele 1988–1994 duimnael|Vlag van die Paralimpiese Spele tot 1987 duimnael|upright|Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius In 1948 organiseer Sir Ludwig Guttman 'n sportwedstryd in Engeland vir veterane uit die Tweede Wêreldoorlog met rugbeserings. Vier jaar later neem atlete uit Nederland ook aan die Spele deel en die internasionale byeenkoms wat tans die Paralimpiese Spele heet, word gebore.

In 1976 neem groepe met verskillende tipes gestremdhede aan die Spele in Toronto deel en in dieselfde jaar word die eerste Paralimpiese Winterspele in Swede georganiseer.

Tans bestaan die Paralimpiese Spele vir atlete uit ses verskillende groepe van gestremdhede. Die klem val op wat die atlete kan vermag, eerder as op hulle gestremdhede en waartoe hulle nie in staat is nie. Die aantal atlete wat deelneem het baie gegroei sedert die begin, van 400 atlete in Rome in 1960 tot 3195 tydens die Spele in Atlanta in 1996.

Die Paralimpiese Spele word altyd in dieselfde jaar as die Olimpiese Spele gehou en sedert 1988 word dit ook altyd op dieselfde perseel gehou. Sedert 2012 is die stad wat die Olimpiese Spele organiseer ook verplig om die Paralimpiese Spele te organiseer.

In 2026 is die Paralimpiese Winterspele in Milaan en Cortina d'Ampezzo, Italië, beslis. Die volgende Paralimpiese Somerspele sal in 2028 in Los Angeles, Verenigde State, aangebied word.

Paralimpiese Somerspele Somerspele 1960 – Rome, Italië Somerspele 1964 – Tokio, Japan Somerspele 1968 – Tel Aviv, Israel Somerspele 1972 – Heidelberg, Duitsland Somerspele 1976 – Toronto, Kanada Somerspele 1980 – Arnhem, Nederland Somerspele 1984 – Stoke Mandeville, Verenigde Koninkryk & New York, Verenigde State Somerspele 1988 – Seoel, Suid-Korea Somerspele 1992 – Barcelona, Spanje Somerspele 1996 – Atlanta, Verenigde State Somerspele 2000 – Sydney, Australië Somerspele 2004 – Athene, Griekeland Somerspele 2008 – Beijing, Volksrepubliek China Somerspele 2012 – Londen, Verenigde Koninkryk Somerspele 2016 – Rio de Janeiro, Brasilië Somerspele 2020 – Tokio, Japan Somerspele 2024 – Parys, Frankryk Somerspele 2028 – Los Angeles, Verenigde State Somerspele 2032 – Brisbane, Australië

Paralimpiese Winterspele Winterspele 1976 – Örnsköldsvik, Swede Winterspele 1980 – Lake Placid, Verenigde State Winterspele 1984 – Innsbruck, Oostenryk Winterspele 1988 – Innsbruck, Oostenryk Winterspele 1992 – Tignes-Albertville, Frankryk Winterspele 1994 – Lillehammer, Noorweë Winterspele 1998 – Nagano, Japan Winterspele 2002 – Salt Lake City, Verenigde State Winterspele 2006 – Turyn, Italië Winterspele 2010 – Vancouver, Kanada Winterspele 2014 – Sotsji, Rusland Winterspele 2018 – Pyeongchang, Suid-Korea Winterspele 2022 – Beijing, Volksrepubliek China Winterspele 2026 – Milaan en Cortina d'Ampezzo, Italië Winterspele 2030 – Franse Alpe en Nice, Frankryk Winterspele 2034 – Salt Lake City, Verenigde State

Rekords Trischa Zorn van die Verenigde State is die mees gedekoreerde Paralimpiër in die geskiedenis. Sy neem vanaf 1980 tot en met 2004 aan die swem vir visueel gestremde atlete deel. In totaal wen sy 55 medaljes, waarvan 41 goud.

Ragnhild Myklebust van Noorweë hou die rekord vir die meeste medaljes op die Paralimpiese Winterspele. Sy neem in 1988, 1992, 1994 en 2002 aan die ys-sleeresies, heg-en-steg-skiwedloop en tweekamp deel. In totaal wen sy 22 goue medaljes, drie silwer medaljes en twee brons.

Sien ook Internasionale Paralimpiese Komitee Nasionale Paralimpiese Komitee

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Internasionale Paralimpiese Komitee