Elizma Theron (6 Junie 1983, Bethlehem, Suid-Afrika) is 'n Afrikaanse sangeres en aktrise. Sy is op 6 Junie 1983 gebore in Bethlehem, Vrystaat. Tussen die ouderdom van 14 en 17 is sy tuis onderrig en doen modelwerk in onder andere Italië en Griekeland. Op 17 besluit sy om terug te keer na haar tuisdorp Kuruman en matrikuleer by die Hoërskool Kalahari. Na skool begin sy 'n kultuurskool op Kuruman waar sy klasse aanbied in moderne danse, modelwerk en sang.

Musiek Haar loopbaan as professionele sangeres skop af in 2005 met haar debuutalbum Lapaside, na sy 'n kontrak aangebied is deur Next Musiek. In 2007 sluit sy aan by die span van Select Musiek en daar volg nog ses albums. Elizma is betrokke by baie van die woorde op die albums.

Elizma is al vir talle musiek toekennings benoem en het al twee Suid-Afrikaanse Musiekpryse (SAMAS) agter haar naam.

Toneel In 2007 word sy ook 'n rol aangebied op die gewilde KykNET sepie, Villa Rosa, Elizma vertolk die rol van die mediese student "Kriek" vir 'n jaar lank.

In 2009 vertolk sy die vroulike hoofrol "Mara Malan" in die fliek Jakhalsdans, geskryf deur Deon Meyer met regie deur Darrell Roodt.

In 2015 begin sy skryf aan haar eerste draaiboek TOE-VAL-LIG wat in 2017 verfilm word.

Diskografie

2005 - Lapaside 2007 - Gee My Meer 2009 - Ek Soek Jou 2011 - Oppad Na Jou 2014 - Stilte en Storms 2016 - Boeregirl met 'n country Hart 2018 - Hierdie Hart Brand Liefde

Filmografie 2010: Jakhalsdans

Verwysings

Sien ook Afrikaanse musiek Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars

Eksterne skakels Elizma Theron se webwerf

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1983 Kategorie:Lewende mense