Al-Adiyat (Arabies: العاديات, "Die Aanvallers") is die 100ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 11 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Opsomming Die naam van die soera kom uit vers 1-5. Die onderwerp van dié hoofstuk is ondankbaarheid teenoor God. Die mens word gewaarsku dat alle geheime gedagtes op die oordeelsdag onthul sal word.
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran