Al-'Ala'k (Arabies: العلق, "Die Gestolde Bloed") is die 96ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 19 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Opsomming Die algemene geloof is dat dié hoofstuk die eerste een is wat aan Mohammed geopenbaar is. Terwyl hy in die Grot van Hira was, het die engel Gabriël aan hom verskyn en beveel om te lees. Toe hy sê hy kan nie lees nie, het Gabriël vir hom gesê: "Lees in die Naam van u Heer, die Skepper – wat die mens uit ’n bloeddruppel skep."Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. Daar word algemeen geglo die eerste vyf ajat is toe aan hom geopenbaar, en die res in nog twee dele.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran