Die Rugbywêreldbeker 1991 (Engels: 1991 Rugby World Cup; Frans: Coupe du monde de rugby à XV 1991; Iers-Gaelies: Corn Rugbaí an Domhain 1991; Skots-Gaelies: Cupa Rugbaidh an t-Saoghail 1991; Wallies: Cwpan Rygbi'r Byd 1991) is van 3 Oktober tot 2 November 1991 in Engeland (nominale gasheer), Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis, die destydse Vyfnasies, beslis. Dit was die tweede rugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangebied word en die eerste in die Noordelike Halfrond. Agt jaar later het dieselfde vyf lande ook die Rugbywêreldbeker 1999 saam gehuisves.
duimnael|links|upright|Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 1987 het onveranderd gebly en 16 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 1991 deelgeneem: die agt regstreekse kwalifiseerders van die 1987-toernooi (Australië, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis), saam met die agt beste spanne van die kwalifisering (Argentinië, Italië, Japan, Kanada, Roemenië, Wes-Samoa, die Verenigde State en Zimbabwe). Suid-Afrika kon nie aan die rugbywêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid. Wes-Samoa het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n tweede keer verskyn het. Die Namibiese nasionale rugbyspan is in Maart 1990 gestig, te laat om hoegenaamd aan die Rugbywêreldbeker 1991-kwalifisering deel te neem. Vir Zimbabwe was dit tot in 2027 die laaste deelname aan ’n rugbywêreldbekertoernooi, omdat hulle eers in 2025 weer vir ’n toernooi kon kwalifiseer; hulle is ná drie nederlae reeds in die groepfase uitgeskakel. Tonga het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie; sedertdien is dit die enigste rugbywêreldbekertoernooi wat hulle misgeloop het.
Tydens die Rugbywêreldbeker 1991 is 32 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Die spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika gekwalifiseer.
Australië het die eindstryd op Twickenham in Londen teen Engeland met 12–6 gewen en sodoende sy eerste rugbywêreldbekertitel ingepalm. Die verdedigende kampioen Nieu-Seeland het in die derde en Skotland in die vierde plek geëindig. Vir die Skotte was dit hulle beste toernooiverloop in dié tyd.
Toewysing Nadat die Rugbywêreldbeker 1987 in Australië en Nieu-Seeland aangebied is, is die Rugbywêreldbeker 1991 aan die vyf rugbylande toegewys, wat destyds jaarliks om die Vyfnasies-beker meegeding het. Die Engelse Rugbyvoetbalunie het met die ander Vyfnasies-beheerliggame ooreengekom om van die wedstryde ook in Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis aan te bied. Ses maande vroeër het Wallis ook die heel eerste Vrouerugbywêreldbeker 1991 aangebied.
Deelnemers Die volgende 16 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 1991 gekwalifiseer: Die nominale gasheer Engeland en die ander sewe spanne wat tydens die Rugbywêreldbeker 1987 tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks gekwalifiseer. Hulle was Australië, Fidji, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis. Om die oorblywende agt plekke het tydens die kwalifiseringsrondte 33 nasionale rugbyspanne meegeding. Tonga het versuim om vir die toernooi te kwalifiseer; sedertdien is dit die enigste rugbywêreldbekertoernooi waaraan Tonga nie deelgeneem het nie. Wes-Samoa, wat Tonga vervang het, is die enigste verandering in die 16-span-lys van die Rugbywêreldbeker 1987.
duimnael|400px|Spanne wat aan die kwalifiseringstoernooi deelgeneem en die wat regstreeks gekwalifiseer het; altesaam 33 spanne het deelgeneem. duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroepNominale gasheerTweede1987Kwarteindrondte (1987)1Regstreeks1987Vierde plek (1987)31987Kwarteindrondte (1987)41987Naaswenner (1987)41987Kwarteindrondte (1987)21987Kampioen (1987)11987Kwarteindrondte (1987)21987Derde plek (1987)3KwalifiseringsrondteTweede1987Groepfase (1987)3Tweede1987Groepfase (1987)1Tweede1987Groepfase (1987)2Tweede1987Groepfase (1987)4Tweede1987Groepfase (1987)4Eerste –Debuut3Tweede1987Groepfase (1987)1Tweede1987Groepfase (1987)2
Stadions Die Rugbywêreldbeker 1991 is deur Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis saam aangebied, en wedstryde is regoor dié vyf lande gehou. Van Groep A, waarin Engeland meegeding het, se wedstryde is die helfte in Londen gehuisves, maar wedstryde het ook in Leicester, Gloucester en Otley plaasgevind. Groep B, met die Europese spanne Ierland en Skotland, wat hulle wedstryde tuis in óf Dublin óf Edinburg gespeel het; een wedstryd is in Belfast gehou. Groep C met Wallis, wat al sy wedstryde in Cardiff gespeel het, en die ander wedstryde in Pontypool, Pontypridd en Llanelli. Groep D, waarin Frankryk gespeel het, met wedstryde in Agen, Bayonne, Béziers Brive, Grenoble en Toulouse. Geen van die kwart- of halfeindwedstryde is in Engeland gespeel nie, maar wel in Frankryk, Ierland en Skotland. Die bronseindstryd is op Cardiff se Nasionale Stadion aangebied en die eindstryd op die Londense Twickenham.
Londen Edinburg Cardiff Dublin Parys Twickenham Murrayfield Nasionale Stadion(Cardiff Arms Park) Lansdowne Road Parc des Princes Kapasiteit: 75 000 Kapasiteit: 67 800 Kapasiteit: 53 000 Kapasiteit: 49 250 Kapasiteit: 48 712 200px 200px 200px 200px 200px Toulouse Grenoble Villeneuve-d'Ascq Béziers Leicester Stade Ernest-Wallon Stade Lesdiguières Stadium Lille-Metropole Stade de la Méditerranée Welford Road Kapasiteit: 19 000 Kapasiteit: 18 548 Kapasiteit: 18 185 Kapasiteit: 18 000 Kapasiteit: 16 815 200px 200px 200px 200px 200px Brive Agen Bayonne Gloucester Belfast Parc Municipal des Sports Stade Armandie Stade Jean Dauger Kingsholm Ravenhill Kapasiteit: 16 000 Kapasiteit: 14 000 Kapasiteit: 13 500 Kapasiteit: 12 500 Kapasiteit: 12 300 200px 200px 200px 200px 200px Llanelli Pontypool Pontypridd Otley Stradeypark Pontypoolpark Sardis Road Cross Green Kapasiteit: 10 800 Kapasiteit: 14 000 Kapasiteit: 7 200 Kapasiteit: 5 000 200px 200px 200px 200px
Formaat Die Rugbywêreldbeker 1991 is oor 30 dae tussen 16 verskillende spanne oor 32 wedstryde beslis. Dit het op 3 Oktober 1991 op Twickenham in Londen met die openingswedstryd tussen die nominale gasheer Engeland en die verdedigende kampioen Nieu-Seeland afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 2 November met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens die Wallabies die Webb Ellis-beker ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 1991 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseOktoberDo3Vr4Sa5So6Ma7Di8Wo9Do10Vr11Sa12So13Ma14Di15Wo16Do17Vr18Seremonies | bgcolor=#d6325b |
|Groep 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
|Groep 2
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
|Groep 3 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
|Groep 4 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
|UitklopfaseOktober/NovemberSa19So20Ma21Di22Wo23Do24Vr25Sa26So27Ma28Di29Wo30Do31Vr1Sa2Seremonies
| bgcolor=#d6325b| Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#3399ff| 1
| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep 1Groep 2Groep 3Groep 4
Die groepwedstryde is onder die vyf gashere soos volg verdeel: Groep 1 is in Engeland aangebied Groep 2 is beide in Ierland en Skotland aangebied Groep 3 is in Wallis aangebied Groep 4 is in Frankryk aangebied
Groepfase Soos in die Rugbywêreldbeker 1987 is die 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in vier groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop en een vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens die punte wat total aangeteken is gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Twee vir ’n gelykop; Een vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur die punte wat total aangeteken is bepaal.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 4 en die wenner van Groep 4 teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die bronseindstryd óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.
1991-effek op 1995-kwalifisering Die agt spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Nieu-Seeland, Samoa en Skotland.
Wedstrydbeamptes ’n Paneel van 17 skeidsregters is vir die toernooi ingespan.
Efraim Sklar (Argentinië) Kerry Fitzgerald (Australië) Sandy MacNeill (Australië) Fred Howard (Engeland) Ed Morrison (Engeland) Lakini Colati (Fidji) René Hourquet (Frankryk) Patrick Robin (Frankryk) Owen Doyle (Ierland) Stephen Hilditch (Ierland) Dave Bishop (Nieu-Seeland) Keith Lawrence (Nieu-Seeland) Brian Anderson (Skotland) Jim Fleming (Skotland) Don Reordan (Verenigde State) Derek Bevan (Wallis) Les Peard (Wallis)
Wedstryde Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 1995.Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 1995 mis. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase 16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep 1 duimnael|Die Verenigde State se nasionale rugbyspan voor hulle wedstryd teen die Nieu-Seelandse All Blacks tydens die Rugbywêreldbeker 1991 Span33009539+5613932018533+529731025776–1975300324113–8923
Groep 2 Span330012236+86179320110251+5116731027787–10135300331158–12763