Al-Muzzammil (Arabies: المزمل, "Die Toegewikkelde Een") is die 73ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 20 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

Opsomming Die naam van die hoofstuk kom uit vers 1 ("u wat toegewikkel is")Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. en verwys na Mohammed wat in die nag bid terwyl hy in sy mantel toegewikkel is. Baie kommentators beweer "Die Toegewikkelde Een" is 'n naam vir Mohammed wat deur die hele Koran voorkom.Byvoorbeeld volgens Sahl al-Tustari.

Aan die begin van die soera berei God Mohammed voor op 'n belangrike onthulling. In voorbereiding daarop verlig God die streng beperkings van die naggebed. Mohammed kry dan opdrag om geduldig te wees, want die ongelowiges sal in die hel gestraf word, soos met Farao gedoen is.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran