Al-’Kiyamah (Arabies: القيامة, "Die Herrysenis") is die 75ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 40 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Opsomming Die soera begin met God wat sê hy is in staat om die dooies te laat herrys. Ongelowiges kan spot, maar sal dit ontgeld op die dag van herrysenis. Mohammed word gewaarsku om geduldig te wag vir die onthulling van die Koran. Aan die einde word weer klem daarop gelê dat God, wat die mens geskape het, hom kan laat herrys: "Is Hy dan nie by magte om die dooie te laat herlewe nie?"Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran