thumb|links|140px|'n Bladsy met vers 1-3 uit "Die sandduine". Die titel van die hoofstuk is van goud en in swart ink. Mameluk-Egipte, 14de-15de eeu.
Al-Ah'kaf (Arabies: اَلْأَحْقَافُ, "Die Sandduine") is die 46ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 35 ajat, of verse. Dit is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar, buiten vers 10 en moontlik 'n paar ander verse wat vermoedelik in Medina geopenbaar is.
Die hoofstuk is die laaste van sewe wat met die allegoriese letters (muqatta'at) Gaa-Miem begin. Die naam van die hoofstuk kom uit vers 21, waar Hüd sy volk "in die sandduine"Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. gewaarsku het.
Opsomming Die soera dek verskeie onderwerpe: Dit waarsku diegene wat die Koran verwerp en stel dié wat glo gerus; dit gee opdrag aan Moslems om goed te doen aan hulle ouers; dit vertel van Hüd en die straf van sy volk; en dit maan Mohammed om geduldig te wees om sy boodskap van Islam oor te dra.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran