Muhammad (Arabies: محمد, "Moegammad" of "Mohammed") is die 47ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 38 ajat, of verse, en is vermoedelik in Medina aan Mohammed geopenbaar.

Die naam van die hoofstuk kom uit vers 2, waar die profeet Mohammed direk genoem word.

Opsomming Die soera handel oor 'n oorlog wat ontstaan het toe mense die aanvaarding en verspreiding van Islam verbied het. Dit verwys na die Slag van Badr, waar 'n leër byeengekom het om Medina aan te val. Die Slag van Badr het tydens Ramadaan plaasgevind, in jaar 2 van die Islamitiese kalender.Quṭb, Sayyid. "Volume 18". In In the Shade of the Quran. Markfield: Islamic Foundation, 2007, sura 47.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran