thumb|185px|'n Aanhaling van vers 27 op 'n gordynpaneel vir die deur van die Kaäba, 19de eeu.

Al-Fath (Arabies: الفتح, "Die Oorwinning") is die 48ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 29 ajat, of verse, en is vermoedelik in Medina aan Mohammed geopenbaar.

Die naam van die hoofstuk kom uit vers 1: "Voorwaar, Ons het aan u ’n duidelike oorwinning verleen".Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications.

Opsomming Die soera is in Medina geopenbaar in die sesde jaar van die hidjra (die emigrasie van die profeet Mohammed van Mekka na Medina), op die geleentheid van die Verdrag van Goedeibieja tussen die Moslemse stadstaat Medina en Mekkaanse politeïste.

Die rede dat die verdrag, en daarom die hoofstuk, 'n "duidelike oorwinning" genoem word, is waarskynlik omdat dit vreedsaam was.

Die soera noem die oorwinning en kritiseer dan die houding van die huigelaars. Daarna volg verdere beloftes aan die Moslems en die hoofstuk eindig deur sekere belangrike deugde van die Moslemgemeenskap te noem.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran