Ad-Durhan (Arabies: الدخان, "Die Misnewel") is die 44ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 59 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Dit begin met die allegoriese letters (muqatta'at) Gaa-Miem. Die hoofstuk is genoem na die misnewel wat in vers 10 voorkom.
In vers 37 word die volk van "Toebba" genoem; dit word vertolk as die mense van Skeba.
Opsomming In die hoofstuk word genoem dat die Koran in 'n geseënde nag geopenbaar is. Ongelowiges word gewaarsku dat 'n duidelike misnewel hulle op die oordeelsdag sal bedek en die mense van Mekka word gemaan dat die lot van die volk van Toebba hulle sal tref. In vers 58 word die Koran in Arabies onthul as 'n verstaanbare predikasie.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran