thumb|links|150px|'n Bladsy uit "Die Neerknieling" van een van die grootste Korans nog. Opdrag daarvoor in deur Timur (1370-1405) gegee.

Al-Jathiyah (Arabies: الجاثية, "Die Neerknieling") is die 45ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 37 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

Die hoofstuk is een van sewe wat met die allegoriese letters (muqatta'at) Gaa-Miem begin. Die naam van die hoofstuk kom uit vers 28.

Opsomming Aan die begin van die hoofstuk word die tekens van God bespreek, soos die orde in die natuur en hoe die mens daarby baat vind. Die verse maan die mens om ag te slaan op die tekens en waarsku diegene wat ondanks die tekens van God wegdraai.

In vers 16 word gepraat van die Kinders van Israel, vir wie die Boek (Tora) gegee is. Hulle is ook "van goeie dinge voorsien en hulle [is] bo ander volke begunstig".Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. In die volgende vers word die Jode van Medina egter gekritiseer omdat hulle Mohammed se boodskap verwerp het.

Vers 18 is die enigste vers in die Arabiese Koran waarin sjaria genoem word. In Afrikaans lui die vers: Daarna het Ons u 'n bepaalde weg laat volg." Die term "sjaria" het later 'n tegniese term geword vir die Islamitiese reg.

Die oorblywende verse bevat beskrywings van die oordeelsdag en die lot van diegene wat die tekens van God ontken, dus die ongelowiges.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran