Lawrence George Green (1900 – 14 Mei 1972), Suid-Afrikaanse skrywer en joernalis is in Kimberley gebore. Hy ontvang opleiding aan die South African College Schools in Kaapstad. Hy veg in die Eerste Wêreldoorlog as 'n vlieënier. Daarna sluit hy by die redaksie van die Cape Argus aan. Hy doen merkwaardige kennis op oor die minder bekende aspekte van Afrika wat hy in 'n reeks boeke oor reis, geskiedenis en herinneringe vasgelê het. Die totale verkope het 450 000 oorskry. Van die bekendste boeke is: Grow Lovely, Growing Old, Beyond the City Lights, So Few are Free, To the Rider's End en At Daybreak for the isles. Hy is op 14 Mei 1972 oorlede.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967 Yates-Benyon, John: Lawrence Green - Memories of a Friendship. Kaapstad: Howard Timmins, 1973 Werke deur, of oor Lawrence Green
Kategorie:Geboortes in 1900 Kategorie:Sterftes in 1972 Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste