Die Woolworth-gebou is 'n vroeë Amerikaanse wolkekrabber ontwerp deur argitek Cass Gilbert in die Neogotiese styl en laat oprig deur die F. W. Woolworth Maatskappy. Dit is geleë te Broadway 233 in die Tribeca-woonbuurt van Manhattan in New York Stad. Dit was die hoogste gebou ter wêreld van 1913 tot 1930, met 'n hoogte van 241 meter (792 vt). Meer as 'n eeu na die konstruksie daarvan, bly dit een van die 100 hoogste geboue in die Verenigde State.

Sien ook Chronologiese lys van die wêreld se hoogste wolkekrabbers

Kategorie:Geboue en strukture in New York (stad) Kategorie:Wolkekrabbers in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Koördinate op Wikidata