Die Metropolitan Life Insurance Company Tower is 'n wolkekrabber by Madison Square in die Amerikaanse hoofstad New York. Die gebou is 213,36 meter hoog met 50 verdiepings.http://www.emporis.com/application/?nav=building&id=115458 Dit is tussen 1907 en 1909 gebou en ontwerp deur Napoleon LeBrun & Sons.http://skyscraperpage.com/cities/?buildingID=303 Die argitekte was geïnspireer deur die Campanile van Venesië.

Die gebou was van 1909 tot en met 1913 die hoogste gebou ter wêreld, maar is in 1913 deur dit Woolworth-gebou onttroon.

Ontwerp Die gebou is 'n latere toevoeging aan die oorspronklike 11 verdieping-hoë kantoorgebou wat in 1893 voltooi is. Die toring begin met 'n voetstuk, waarna die skag volg. Daarna kom 'n kopstuk, wat weer gevolg word deur 'n piramiedvormige spits, met koepel en lantern.

Die gebou bevat 'n klok aan elke kant, elk met 'n deursnee van 8 meter. Die syfers op die klok is 1,2 meter groot. Dit oorspronklike gebou was bedek met Tuckahoe-marmer, maar dié is tydens die opknapping in 1964 vervang met kaal kalksteen. Ook die oorspronklike kantoorgebou word met nuwe kalksteen bedek, waardeur baie detail verlore gegaan en die gebou 'n moderne voorkoms gekry het.

Galery

Sien ook Chronologiese lys van die wêreld se hoogste wolkekrabbers

Verwysings

Eksterne skakels Ligging van die toring op google kaarte Foto's van die Metropolitan Life Insurance Company Tower

Kategorie:Geboue en strukture in New York (stad) Kategorie:Wolkekrabbers in die Verenigde State van Amerika