Cliffortia cervicornu is 'n struik wat tot die Rosaceae familie hoort. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom teen die noordelike hellings van die Swartberg, sowel as die Matjiesgoedberg, Droëkloofberg en Willowmore Witteberg voor. Die plant is deel van die fynbos en die Sukkulente Karoo-biome.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
cervicornu Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika